×
Skakel na Engels

7 gesinsaandetes vir die week

Beplan die week se aandetes vooruit sodat jy minder ná werk hoef te skarrel om iets aanmekaar te slaan
gesinsaandetes

Hier is ’n paar heerlike nuwe gesinsvriendelike etes om op die proef te stel. Maak die lewe ’n bietjie makliker deur jou maaltye vir die week te beplan sodat jy nie elke dag hoef kop te krap oor wat om vir aandete te maak nie.

Maandag: Vegetariese lasagne

Hierdie lasagne is ideaal vir Vleislose Maandag. Dis so geurig en vullend dat selfs vleisliefhebbers vir nog ’n skeppie sal vra! Vervang gerus Fry se vegetariese maalvleis in die resep deur ’n mengsel van lensies, kekerertjies en nierboontjies as jy wil. Hier is die resep.

Dinsdag: Hoenderburger en patatskyfies in net 3 stappe

Dié heerlike, smaaklike en eenvoudige hoenderburger is ’n gesonder alternatief vir wegneemkos, en die patatskyfies is so veelsydig. Maak gerus ekstra tjips, want dis nou een groentegereg waarvan jou kinders nie genoeg sal kan kry nie. Hier is die resep.

Woensdag: Gebakte hoenderboudjies en speserykoeskoes

Hierdie gereg neem slegs 25 minute om te berei. Plaas dan die hoender en koeskoes vir 50 minute in die oond (terwyl jy die kinders se huiswerk nagaan of met jou man oor ’n glas wyn opvang!) en voilà – kos is op die tafel. Hier is die resep.

Donderdag: Strikkiepaste met Brusselse spruite en basilie

Hierdie pastagereg is propvol vars geure en ’n eenvoudige en vinnige aandete. Dis ’n heerlik veelsydige gereg – voeg gerus ander groente of selfs proteïen soos spek of hoender na smaak by. Hier is die resep.

Vrydag: Hoendersaté-en-slaaiwraps

Hierdie help-jouself-maaltyd is perfek vir ’n moeitelose Vrydagaandete. Sit alles op die tafel en laat jou gesin hul eie wraps maak. Voeg enige ander vulselbestanddele by waarvan julle hou. Hier is die resep.

Saterdag: Spek-en-sampioenpasteie

Nou kan jy eindelik daardie rol blaardeeg in die vrieskas gebruik! Hierdie romerige pasteie kan vir middag- of aandete gemaak word. Hier is die resep.

Sondag: Beesvleis-en-tjips-roerbraai

Kikker jou Sondagmaal met ’n bietjie brandrissie op. Vervang die skyfies in dié gereg deur ’n tortilla of, vir ’n lae-koolhidraat-ete, maak murgpampoentjiepasta. Hier is die resep.

Iets vir nagereg: Copacabana-vrugteslaai

Vier die lente met ’n vars, kleurryke nagereg soos hierdie Copacabana-vrugteslaai. Geblikte vrugte is ’n goeie kortpad-alternatief vir vars vrugte. Hier is die resep.

Sondaggebak: Vinnige brownies

Maak hierdie smullekker sjokoladehappies – dis net die ding vir teetyd! En jy hoef dit nie eens te bak nie; dit set sommer in die yskas. Vinnig, maklik én onweerstaanbaar! Hier is die resep.

LEES OOK:

Resep: ’n Vinnige en verruklike seekosgereg vir jou gesin

Vinnige etes vir ’n week

Hoe om te keer dat jy jou ooreet tydens aandete

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige etes vir ’n week

Hierdie week se aandetes wat jy in ’n japtrap kan maak!

Close