×
Skakel na Engels

7 dinge wat jy moet weet as jy wil bou of opknap

Verminder jou stres deur hierdie wenke te volg

Die boukonsultant Marco Kriek van Ground Up, ’n onafhanklike konsultasie- en konstruksiemaatskappy, deel sewe kennerswenke oor hoe om jouself, jou huis en jou beursie op hierdie groot veranderinge voor te berei. 

1. Maak seker dat jy weet wat die planne en spesifikasies behels

Hierdie dokumente is die basis vir al die werk wat gedoen gaan word, en dit sal teleurstelling voorkom as jy presies verstaan wat dit alles insluit. Moenie huiwer ’n tweede paar oë in te roep nie.

2. Wees voorbereid op al die kostes

Baie van die kostes wat by die bouproses betrokke is, word nie deur ’n verband gedek nie. Stel ’n vaste begroting op en hou daarby. Hierdie begroting behoort ook vir diverse kostes voorsiening te maak. 

3. Moenie vooruit betaal nie

Maak 100% seker dat jy slegs vir werk betaal wat afgehandel is. Voorbetalings is baie gevaarlik en behoort nooit gedoen te word nie. Stem hoogstens in om óf 50% vooruit te betaal óf materiaalkostes te dek. 

4. Vra vir ’n voltooiingsdatum

Maak seker dat die ooreenkoms ’n gespesifiseerde voltooiingsdatum insluit en dat daar bepaalde riglyne vir uitstel is. Indien moontlik, kan die ooreenkoms boetes insluit indien die projek onnodig sloer.

5. Wees deeglik wanneer jy jou foutlys opstel

Sommige items sal nie deur die waarborg gedek word indien hulle nie op jou foutlys verskyn nie.

6. Vermy informele of mondelinge ooreenkomste

Maak seker dat elke ooreenkoms tussen jou en die bouer gedokumenteer en deur albei partye onderteken word.

7. Hou rekords

Hou volledige rekords van die hele proses, insluitende foto’s en alle kommunikasie tussen jou en die bouers. Dit gaan jou baie handig te pas kom indien enige probleme opduik.

FOTO: iStock/andresr

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief