×
Skakel na Engels

7 Dinge vir ’n Noodmanikuur

Daar is nooit genoeg ure in ’n dag om alles gedoen te kry nie. ’n Uitstappie na ’n salon om jou naels te laat doen is onderaan jou doenlysie

manicure tools

Hier is sewe goed wat jy in jou manikuurstelletjie moet hê. Sit dit in ’n sakkie, hou dit in jou lessenaar se laai of handsak en jy sal nooit weer met verslonste naels gevang word nie.

1.  Wattekussinkies of -balletjies Steel ’n paar gesigwattekussinkies uit jou grimeersakkie.

 

2. Naellakverwyderaar Gooi dit in ’n klein, lekvrye houertjie.

 

3. Naelknipper Hangnaels kan net met ’n naelknipper reggestel word. Kry ’n miniknippertjie vir jou manikuurstel.

 

4. Naelvyl Kry ’n middelslag-vyl; dis makliker om te gebruik. Onthou om in een rigting eerder as heen en weer te vyl.

 

5. Drukker vir naelvelletjies Onthou om jou naelvelletjies gereeld terug te druk. As dit te ver uitgroei, kan jou vel skeur en dit is báie gevoelig.

 

6. Basislaag/naellak Enige dun, deurskynende naellak kan as basislaag dien. Dit keer dat jou naels die kleur van die naellak absorbeer en geel raak.

 

7. Olie vir naelvelletjies Jy kan dit in winkels koop, maar weefselolie werk ook.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ja, ’n tuis-manikuur kan goed lyk

Gee jou naels ’n mooi afgeronde tuismanikuur met ons beproefde raad. Volg dié 10 stappe en siedaar! Deur Melanie Rud

Close