×
Skakel na Engels

7 beproefde maniere om veilig in die donker te bestuur

Om saans te bestuur verg ekstra konsentrasie. Deur Caira-Lee Durand
bestuur

Om in die aand te bestuur verg baie konsentrasie. As jy nie die nodige voorsorg tref om te sorg dat jou motor veilig genoeg is om saans te bestuur nie, kan allerhande dinge verkeerd loop.

1. ’n Skoon voorruit vir goeie sig

Voordat jy in die pad val, moet jy seker maak dat jou voorruit skoon is. Hou ’n koerant in jou motor. Al lyk dit bedags of jou ruit skoon is, kan ligte en weerkaatsings elke klein kolletjie of strepie beklemtoon wanneer jy in die aand bestuur.

2. 20/20-visie?

Dit is belangrik om jou oë gereeld te laat toets, veral as jy baie bestuur. As jy uitvind dat jy een oog moet toemaak of jou kop moet laat sak om saans die pad voor jou te sien, moet jy waarskynlik vir ’n oogtoets gaan. Helder ligte van motors en straatligte kan ook tot migraines lei as daar stremming op jou oë is wanneer jy bestuur. 

3. Verstel jou kopligte

As jou kopligte gesak het of in ’n ander rigting skyn, gaan jy sukkel om ver genoeg voor jou te sien. Kopligte wat verkeerd gestel is, kan ook aankomende bestuurders verblind. Sorg dus dat jy jou kopligte nagaan en verstel voordat jy in die pad val.

4. Verstel binneligte

Nuwer motors is so geprogrammeer dat jou paneelbordliggies en ander binneligte saans outomaties gedemp word, maar sommiges kan steeds taamlik helder en steurend wees.

5. Konsentreer op die pad

Behalwe vir die pad en ander motorligte is daar nie veel te sien wanneer jy saans bestuur nie. As daar al ooit ’n motor met verblindende kopligte agter jou gery het, weet jy hoe steurend hul ligte in jou truspieëltjie kan wees. Verstel jou truspieëltjie en probeer om op die pad te fokus en nie op ander motorligte nie.

6. Mistigheid

Wanneer jy deur mis ry waar sigbaarheid swak is, is jou eerste reaksie dalk om jou hoofligte aan te skakel. Die helder ligte se weerkaatsing in die mis sal egter jou sig beperk en maak dit moeiliker om die pad te sien. Gebruik eerder jou dompligte.

7. Spoed

Laataand wanneer die pad oop lyk, kom ’n mens in die versoeking kom om so vinnig moontlik by jou bestemming uit te kom. Om te vinnig te ry belemmer egter jou vermoë om op ’n onverwagse situasie te reageer: dronk bestuurders, ’n dier of voetganger in die pad, ’n omgevalle boom of ’n motorongeluk is tipiese nagrit-gevare.

Verleng jou volgafstand en maak seker dat jy teen ’n veilige snelheid ry sodat jy genoeg tyd het om op enige situasie te reageer.

Van: WOW

FOTO: iStock/VitaliyPozdeyev

LEES OOK:

Die 10 bekostigbaarste motors in SA

Noodnommers wat jy nodig het wanneer jy op die N2 ry

Wenke om veilig in die reën te bestuur

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 van die wêreld se vreemdste feeste

Is jy dalk lus om ’n kaas te jaag of soos ’n vark te skree?

Close