×
Skakel na Engels

6 wenke om jou gastekamer soos “huis” te laat voel

Omskep jou gastekamer in ’n huis weg van die huis af vir jou kuiermense
gastekamer

As jy hierdie vakansie kuiergaste gaan kry wat vir ’n aand of meer oorbly, sal jy wil hê dat hulle tuis moet voel. Dis gelukkig iets wat jy maklik kan regkry met ’n paar klein veranderinge aan jou gastekamer. Hier is ses maniere waarop jy ’n gasvrye ruimte kan skep wat jou kuiermense se verblyf so gerieflik moontlik sal maak.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Skep ’n ruimte waar jou gaste hul bagasie kan neersit

Maak plek vir ’n tafeltjie of ’n bankie waarop ’n tas sal pas. Jou gaste sal dankbaar wees dat hulle nie so laag hoef te buk om iets uit hul tas te haal nie. Selfs iets so eenvoudigs soos ’n ekstra stoel sal ’n groot verskil maak.

2. Los ’n skinkbord of vlak bakkie vir gaste om te gebruik

Dit kan as ’n netjiese bêreplek vir gaste se toiletware of ander los goed dien.

3. Laat die kamer netjieser lyk deur ’n generiese laaier vir gaste te los 

Dis moeilik om ’n kamer rustig te laat voel as daar laaiers vir alles van skootrekenaars tot selfone en tablette rondlê. Onthou dat dié kamer ’n toevlugsoord vir jou kuiermense weg van hul huis af sal wees. Verwyder sommer ook enige persoonlike ietms wat op ’n bedkassie uitgestal staan of in die klerekas gebêre is.

Probeer om die kamer so ordelik as moontlik te hou. Maak plek vir hulle om hul klere op te hang en maak ook ’n laai of twee leeg. Los minstens ses hangers in die kas. ’n Haak agter die deur kan nuttig wees vir ’n handsak, baadjie of ’n kamerjas.

4. Pak boeke en tydskrifte uit

Jy wil vir gaste kan sê: “Dis jou kamer. Ontspan, sit agteroor en lees ’n lekker boek.”

 

A post shared by Lisa (@cottagestyle) on

5. Gee vir hulle ’n stel huissleutels

Almal sal meer ontspanne wees en makliker kan kom en gaan. Jy sal nie elke keer hoef huis toe te jaag as iemand wil ingaan nie, en hulle sal nie voel asof hulle jou verontrief wanneer hulle laat tuiskom nie. ’n Lysie van dinge om te sien en te doen sal ook welkom wees. En onthou om vir hulle instruksies te los oor hoe jou huis se sekuriteitstelsel werk.

6. En moenie hiérvan vergeet nie

Sit altyd vars blomme, peuselhappies, klam handelappies, en ekstra beddegoed, handdoeke en kussings (as jy het) in die kamer.

FOTO: iStock/KhongkitWiriyachan

LEES OOK:

10 maniere om jou klerekas te organiseer

4 doopsousresepte vir maklik onthaal

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 ander gebruike vir skottelgoedwasmiddel

Elke huishouding het hierdie veelsydige produk nodig

Close