×
Skakel na Engels

6 vinnige grimeerkunsies van die kenners

Hierdie maklike grimeerwenke sal jou op jou beste laat lyk
grimeeringkunsies

Om op die internet vir skoonheidswenke te soek kan dikwels oorweldigend wees. Daar is soms lang lyste of omslagtige beskrywings oor hoe om grimering beter aan te wend. Maar dis die maklikste kunsies wat die grootste verskil maak!

  1. Jy hoef nie velsorgprodukte van dieselfde handelsmerk te gebruik nie. As jy voel jy doen jou vel ’n onguns aan deur verskillende produkte van verskillende handelsmerke te gebruik, moenie. Dermatoloë verseker ons dat elke mens se vel uniek is en dat jy daarom ’n mengsel van produkte kan gebruik. Versorg elke deel van die gesig volgens jou behoeftes – en moenie verplig voel om die hele reeks van ’n produk te koop nie.
  2. Aksentueer jou oë deur aksentgrimering of ’n ligte, glimmende oogskadu in die middel van jou ooglede aan te wend.
  3. Gebruik verbloemer rondom jou neus. As jou vel hier rooi is, het dit ’n groot invloed op jou hele gesig, want dit kan jou ouer en moeg laat lyk.
  4. Masseer jou gesig voordat jy grimering aanwend. Grimeerkunstenaars by die New Yorkse modeweek het die modelle se gesigte gemasseer voordat hulle grimering aangewend het. Om jou gesig te masseer verbeter bloedvloei en laat jou gesig stralender lyk. Neem ’n paar minute ekstra en gee jou gesig ’n ontspannende massering met jou gewone bevogtiger of ’n gesigolie.
  5. Laat jou maskara droog word voordat jy nog ’n laag aanwend. Ja, dis voor die hand liggend, maar so baie van ons is soggens haastig en daarom vat ons kortpaaie. Dit maak nie saak hoe gevorderd en goed geformuleer jou maskara is nie; dis belangrik om die eerste laag te laat droog word voordat jy dit opbou. Die ekstra paar sekondes sal keer dat dit klonte vorm.
  6. As jy ’n bril dra, probeer ’n helderkleurige oogomlyner op jou onderste wimperlyn en swart oogomlyner op die boonste een om jou oë agter die lense te aksentueer.

LEES OOK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ultra-luukse grimeerkwaste vir die volmaakte voorkoms

Skep ’n vlekkelose voorkoms met hierdie bekroonde grimeerkwaste

Close