×
Skakel na Engels

6 tekens van aanlyn teistering

Dié ses tekens kan daarop dui dat jou kind aanlyn geteister word

Kuberboelies is ’n verlenging van outydse afknouery, en dit neem toe. Dr. Michele Borba (www.micheleborba.com), die skrywer van verskeie ouerskap- en opvoedkundige boeke, waaronder The Big Book of Parenting Solutions (Jossey-Bass), sê dié tekens kan daarop dui dat jou kind aanlyn geteister word:

1. Jou kind bring meer tyd as gewoonlik voor die rekenaar deur en lyk gespanne en onder druk.

2. Jou kind hou op tik, verberg die skerm, slaan die delete-knoppie of skakel die rekenaar af wanneer hy weet jy is in die omgewing.

3. Jou kind hou skielik op om sy selfoon, e-pos, web- of sosiale netwerktoestelle te gebruik.

4. Jou kind raak senuweeagtig wanneer hy ’n boodskap of e-pos ontvang.

5. Jou kind onttrek hom van vriende en probeer die skool vermy.

6. Jou kind raak skielik nors en daar is ’n opmerklike verandering in sy gedrag te bespeur.

FOTO: iStock/Highwaystarz-Photography

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief