×
Skakel na Engels

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

Verruil hierdie superkosse vir iets meer bekostigbaar wat net so gesond is

Voel jy of jy nie die noodsaaklike voedingstowwe en gesondheidsvoordele kry nie omdat jy nie die nuutste superkosbestanddeel vir jou oggend-smoothies kan bekostig nie? Moenie bekommerd wees nie. Hier is ses superkosse wat jy nie regtig hoef te koop nie. Vervang dit bloot deur iets bekostigbaars wat net so voedsaam is.

1. Açaíbessies

acai berries

iStock/kjekol

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Min navorsing is nog gedoen om te bewys dat hierdie bessies meer antioksidante bevat as ander plaaslik verboude bessies wat meer geredelik beskikbaar is.

2. Klapperwater

Coconut Water And Nut

iStock/DebbiSmirnoff

Ja, klapperwater is verfrissend en nie skadelik as jy van die smaak van klapperdrankies hou nie. Klapperwater kan jou na bewering beter hidreer as gewone water en bevat ook elektroliete, wat dit ’n goeie drankie maak om ná oefening te drink. Die bygevoegde suiker in gegeurde klapperwater voeg egter hope ekstra, leë kiljoules by. Hou by ongegeurde klapperwater as jy dan regtig moet.

3. Kweekgras

Green organic wheat grass drink

iStock/bhofack2

Dit is ’n uitgeloopte graan wat dikwels as ’n versterker in smoothies en sappe gebruik word. Dit bevat voedingstowwe soos vitamiene A, C en E en magnesium en word dikwels hoog aangeslaan vanweë die hoë vlakke van chlorofil, die groen pigment in plante, wat dit bevat. Die voedingsvoordele van chlorofil kan egter net so maklik van ander groen blaargroente verkry word.

Lees: 30 goed wat ons nou weet oor dieet ná 40

4. Krulkool 

Kale

iStock/Karaidel

Krulkool is nou al ’n rukkie in die kollig, maar is die bohaai geregverdig? Hoewel krulkool as kruisblommige groente beslis sy voordele het, kan die voedingstowwe en vesel wat dit bevat ook uit ander groen groente verkry word wat meer geredelik beskikbaar is. Verruil duur krulkool vir spinasie – dis net so goed vir jou.

5. Agawe

Agave nectar

iStock/sf_foodphoto

Hierdie versoeter het voordele – dit het ’n lae glisemiese indeks, dis veganisties en dit los maklik op – maar ons moet onthou dis steeds ’n bygevoegde versoeter. Agawe bevat geen werklike voedingstowwe nie en bestaan uit 90% fruktose, die vorm van suiker wat tot ’n verskeidenheid gesondheidsprobleme bydra.

Voedingkundiges beveel versoeters soos heuning of suiwer esdoringstroop aan. Hierdie opsies is minder verfynd en bevat ten minste ’n paar minerale en antioksidante saam met die fruktose.

6. Gojibessies

Red dried goji berries in wooden spoon

iStock/Elena_Danileiko

Hierdie droë bessies met hul kenmerkende suur smaak voeg tekstuur en kleur by jou ontbyt. Is hulle beter as enige ander bessie? Nee. Alle bessies is ewe ryk aan antioksidante. Jy hoef nie gojibessies uit te sny nie, maar goedkoper, plaaslik verboude bessies verskaf dieselfde voordele. 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief