×
Skakel na Engels

6 roostergeregte vir jou Paasfeesete

’n Paasfeesmiddagete is die ideale geleentheid om vriende en familie vir ’n propperse Sondag-roostergereg oor te nooi!

Op jou merke, gereed, rooster! Kies jou gunstelingvleis of -snit vir ’n verruklike Paasfeesete:

1. Geroosterde hoender met groente en pietersielie-pesto

roasted-chicken-371x455

Witwyn gee die hoender en sous ’n heerlike ryk, intense geur.

2. Stadig geroosterde lamsboud met pistasieneut-gremolata

Slow-roasted-Lamb-with-Pistachio-Gremolata

Hierdie stadig geroosterde lamsboud sal almal aan tafel se mond laat water!

3. Gevulde varkboud

pork-roast

Die Food Network-sjef Siba Mtongana het hierdie beproefde en getoetste resep met ons gedeel: “Dié snit is nie net bekostigbaar nie, dit lyk ook altyd indrukwekkend en is ’n heerlike keuse vir ’n hoofgereg.” 

4. Benny se geroosterde lamsboud met tiemie en knoffel

cat_large-98

Die MasterChef South Africa-beoordelaar en selebsjef Benny Masekwameng het dié Kersfees-gunsteling met ons gedeel, maar dit sal net so goed vir Paasfees of enige ander feestelike maaltyd werk. Hy vertel hoekom hy so dol oor dié resep is:

“Ek verkies lam bo hoender en kalkoen, en geroosterde lamsboud is vir my ’n móét op Kersdag. Ek dink buitendien nie baie Suid-Afrikaners is bekend met kalkoen nie. Tradisionele geregte soos gevulde kalkoen en gerookte ham is meer gepas vir die noordelike halfrond met sy koue weer.” 

5. Reuben Riffel se geroosterde varknek met pere en sider

roast

Die selebsjef en restaurateur Reuben Riffel sê: “My oupa het met varke geboer en ons het altyd ’n varkskouer vir Kersfees op die tafel gehad. My ma het dit gewoonlik met pere of perskes as bykos gemaak, en met gegeurde heuning. Dis so ’n maklike – en sakpas braaistuk om ’n skare te voed. Die geheim is om die sout goed in die vet in te vryf sodat dit lekker bros bak. As daar enige oorskiet oorbly, kan jy dit die volgende dag in stukke sny en saam met boontjies en gekapte tamaties voorsit.” 

6. Geroosterde Jerk-hoender

jerk chicken

Hierdie sappige geroosterde hoendergereg is ’n ware apploustrekker!

En moenie die bygeregte vergeet nie! Rond jou Paasfeesmaal met een of meer van hierdie smullekker bykosse af:

Sluit jou middagete op ’n soet noot af met hierdie 6 heerlike idees met oorskiet-Paasbolletjies. Njam!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief