×
Skakel na Engels

6 moontlike redes hoekom jy nie gewig verloor nie

Doen en eet jy al die regte dinge, maar verloor steeds nie gewig nie? Hier is ’n paar foute wat jy dalk maak wat jou pogings om gewig te verloor kan ruïneer
gewig

Wonder jy hoekom jy nie gewig verloor nie? Hier is die grootste foute wat jy dalk maak:

  1. Jy eet te veel

    Dis geen verrassing nie! Maar selfs al volg jy ’n gesonde eetplan vir gewigsverlies en sny die “slegte” kosse uit, kan jy steeds te veel kilojoules inneem. Hoewel die geheim tot gewigsverlies eenvoudig kan lyk (kilojoules ingeneem teenoor kilojoules verbrand), sien jou liggaam nie alle kilojoules dieselfde nie. Maak seker jy neem die regte verhouding van makrovoedingstowwe (proteïene, vette, koolhidrate) gedurende die dag in. Nie seker hoeveel kilojoules in jou daaglikse eetgoed is nie? ’n Eenvoudige kosdagboek-app soos Lose It! of My Fitness Pal kan jou help om tred te hou van die kilojoules en makrovoedingstowwe wat jy gedurende die dag inneem.

  2. Jy drink te veel

    Met al die jaareindpartytjies wat kom, hou in gedagte dat jou gunstelingdrankie ná werk baie kilojoules kan bevat en jou pogings om gewig te verloor kan ruïneer. En ons bedoel nie eens alkohol nie (hoewel dit die groot sondaar is wat keer dat die skaal in die regte rigting beweeg) – jou inname van vrugtesap, gaskoeldrank, koffies met melk en suiker en selfs “onskuldige” smoothies kan jou gewigsverliespogings in die wiele ry. Doen gesonder keuses wanneer jy iets anders as water wil drink.

  3. Jy is gestres

    Wel, is ons nie almal dié tyd van die jaar nogal gestres nie? Of stres jou nou laat eet of nie, dit veroorsaak dat die liggaam kortisol vervaardig, wat vir ekstra liggaamsvet verantwoordelik kan wees. Wend daagliks ontspanningstegnieke aan om jou stresvlakke laag te hou.

  4. Jou “gesonde kosse” bevat steeds baie kilojoules

    Jy het jouself suksesvol van daardie vieruur-sjokoladehappie gespeen, maar nou vergryp jy jou aan granola of ’n vrugtegegeurde jogurt. Hoewel laasgenoemde gesonder kan klink, moet jy bewus wees van die skynbaar “gesonde” opsies wat jy kies. Sommige kosse kan steeds baie suiker bevat en jou pogings om gewig te verloor ruïneer.

  5. Jou oefenroetine is nie intens genoeg nie

    Oefen jy hard in die gim, maar verloor steeds nie gewig nie? Wanneer jy begin oefen, stel ons nie voor dat jy die eerste dag hard en vinnig oefen nie, maar as jy by dieselfde roetine hou sonder om die intensiteit te verhoog, sal jy nie resultate sien nie. Wanneer jy volgende keer in die gim is, daag jouself uit deur swaarder gewigte te kies, meer kardio te doen of die trapmeul se helling ’n bietjie steiler te stel.

  6. Jy kry nie genoeg slaap nie

    ’n Gebrek aan slaap sal jou metabolisme vertraag en jy sal na ongesonde, suikerryke eetgoed smag om jou aan die gang te hou. Slaapontneming kan ook hoër vlakke van ghrelien veroorsaak. Dit is die hormoon wat honger veroorsaak.

Lees ook:

Goue reëls vir suksesvolle gewigsverlies

Vyf algemene dieetfoute wat vroue maak

Hoeveel kilojoules verbrand jy?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wêreldpsoriasedag

Wêreldpsoriasedag is op 29 Oktober en die Psoriasevereniging van Suid-Afrika wil vooroordeel, stigmatisering en diskriminasie beveg

Close