×
Skakel na Engels

6 maniere om in die kombuis water te bespaar

Daar is geen verskoning om nie waterslim te wees nie
Maniere om in die kombuis water te bespaar

Die watersituasie in Suid-Afrika is tans kommerwekkend en ons moet almal ons gewoontes verander om hierdie kosbare hulpbron te bewaar. Hier is maniere om water in die kombuis te bespaar.

1. Draai lekkende of druppende krane styf toe

Laat lekkasies so gou moontlik regmaak, en maak altyd seker krane word toegedraai.

2. Verminder jou waterdruk

Te hoë waterdruk vermors nie net water nie, maar kan ook skade aan pype aanrig, wat lekkasies veroorsaak wat tot meer watervermorsing sal lei. Oorweeg dit om kleppe te laat installeer wat waterdruk verminder om dit te keer.

3. Moenie uit die kraan drink nie

Om water uit die kraan in ’n glas te skink om te drink beteken dikwels dat die water ’n paar sekondes moet loop voordat dit koud is. Jy gaan dus eintlik deur minstens twee glase water vir elke een wat jy drink – die res loop in die drein af. Maak eerder ’n paar bottels vol en hou dit in die yskas.

Lees ook: Hoe om jou agt glase water te eet

4. Hou ’n vlak emmer…

…in jou kombuiswasbak om die water op te vang wanneer jy groente afspoel of jou hande was. Gebruik dit in jou tuin. 

5. Moenie skottelgoed onder die kraan afspoel of was nie

Wanneer jy skottelgoed met die hand was, gebruik jy gewoonlik twee wasbakke vol water – een vir seep en een vir afspoel – of jy draai die kraan oop en toe om elke individuele item af te spoel. ’n Skottelgoedwasser kan sowat die helfte van die hoeveelheid water gebruik. Kies een met ’n ekonomiese siklus, indien moontlik.

6. Gradeer jou wasmasjien op

As jy model ouer as vyf jaar is, kry jy dalk nie die voordele van waterbesparingstegnologie nie.

FOTO: iStock/FamVeld

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief