×
Skakel na Engels

6 kure teen kosdrange

Nee kosdrange jou lewe oor? Gebruik hierdie ses wenke om dit onder beheer te hou.

Chroom :

Chroom help stabiliseer bloedsuikervlakke om kos- drange te voorkom. ‘Neem daagliks 200 mg van ’n produk genaamd Chromium GTF,’ [’n glukose-toleransiefaktor] sê dr. John Briffa.

 

L-glutamien:

L-glutamien voorsien die brein van brandstof om daardie newelrige gevoel teen 16:00 te help voorkom. Kies die poeiervorm, is Briffa se raad, en voeg een of twee tee- lepels by ’n liter water en teug deur die dag daaraan.

 

Kaneel:

Kaneel hou bloedsuikervlakke egalig en smaak heer- lik wanneer dit by jogurt of ontbytskommels gevoeg word. Dr . Sebastian Pole wat ’n Ayurvediese praktyk be- oefen [’n tradisionele vorm van medisyne met ’n holistiese benadering] beveel ’n halwe teelepel kaneel in 20 ml aal- wynsap teen 15:00 aan om kosdrange in toom te hou.

 

Proteïene:

Maaltye wat proteïene bevat – soos eiers, volvet jogurt, pluimvee, vis, peulvrugte, bone, tofoe of maer vleis – en vette soos neute, olywe en sade sowel as olyf-, vlassaad- en neutolies en avokado’s tesame met groente, gee die brein ’n egaliger brandstofinspuiting as suiker en geraffineerde koolhidrate.

 

Happies:

’n Laatoggend- of namiddaghappie wat proteïene en gesonde vette bevat, soos ’n hand vol Brasiliaanse neute of amandels (vermy kasjoeneute, want dit bevat baie suiker) hou peuseldrange op hul plek.

 

Hardloop die trappe op:

Net vyf minute se vinnige stap of trappe klim laat bloedsuikervlakke natuurlik styg deur die lewer aan te moedig om gliko- geen (glukose) in die bloedstroom vry te laat.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Eet jou hart gesond

Hierdie kosse is propvol voedingstowwe wat jou kardiovaskulêre stelsel sal help beskerm

Close