×
Skakel na Engels

6 idees vir ’n vinnige gesinsontbyt

Jy kan vir jou gesin ’n smaaklike, vullende en voedsame ontbyt gee wat hulle heeldag energie sal gee. Dit neem net ’n paar minute om hierdie heerlike resepte te berei. Jy hoef dus nie gejaagd te voel nie

In ’n onlangse peiling deur Kellogg’s is bevind dat 77% van Suid-Afrikaners glo dis vir almal noodsaaklik om ontbyt te eet, en tog slaan amper die helfte van ons hierdie belangrike maaltyd oor. Dieetkundiges waarsku dat nie sommer enige ontbyt reg is nie. “Kos wat geëet word terwyl jy haastig is, is dikwels meer verfynd en minder voedsaam met ’n hoër suiker-, sout- en vetinhoud en laer persentasies vesel en mikrovoedingstowwe,” sê die dieetkundige Jenny Meyer.

’n Goeie voorbeeld van ’n gebalanseerde ontbyt is een wat min suiker of ongesonde vette bevat en energie van koolhidrate, proteïen, dieetvesel, vitamiene en minerale verskaf. Kies ’n bakkie ontbytgraan (koolhidrate, vitamiene en minerale, vesel) met melk (proteïen, kalsium) en vrugte (vitamiene, minerale, vesel).

Dit is ook belangrik om ’n gesonde eetomgewing by die huis te skep. “Om as ’n gesin te sit en eet, bevorder ’n goeie maaltydstruktuur vir almal en verseker dat [jou gesin] hul dag op ’n gesonde manier begin,” sê Meyer.

“Ons glo in die krag van ontbyt en die uitwerking wat dit deur die dag op produktiwiteit kan hê,” sê Sylvia Radebe, Kellogg’s se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie. Baie kinders in Suid-Afrika kan nie by die huis ontbyt kry nie. Om met hierdie probleem te help het Kellogg’s die inisiatief Breakfast for Better Days begin, waar hulle in vier provinsies elke dag op skooldae vir 25 000 kinders ’n ontbyt van ontbytgraan en melk verskaf – met die goedkeuring van die Departement van Basiese Onderwys. Die inisiatief is deel van Kellogg’s se internasionale doelwit: om teen die einde van 2016 ’n miljard porsies ontbytgraan en versnaperinge te verskaf.

“Benewens die ontbyte wat ons in die Breakfast for Better Days-inisiatief aan skole verskaf, is ons doelwit ook om goeie voeding in skole aktief te bevorder en skoolgemeenskappe op te voed deur werksessies met ouers,” sê Radebe. “Dit bewapen ouers en leerlinge met kennis wat hulle met keuses vir voedsame kosse help,” sê sy.

Probeer hierdie heerlike, voedsame ontbyt-idees:

  1. Maak jou gunsteling-ontbytgraan met melk. Voeg rosyne of gedroogde bosbessies en gekapte okkerneute by.
  2. Ongegeurde jogurt met bros ontbytgraan en gekapte vars vrugte of bessies in die seisoen.
  3. Hawermout met melk. Voeg ’n ¼ koppie onversoete appelsous by en sprinkel kaneel of ’n druppel vanieljegeursel oor.
  4. ’n Grondboontjiebotter-en-piesangtoebroodjie op saadbrood.
  5. Franse roosterbrood (maak dit die aand vooraf en hou dit in die yskas) met kaas en tamatie.
  6. Eier-burrito – vul ’n sagte meeltortilla met roereiers, sousboontjies en salsa.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om vinnig van armvet ontslae te raak

Verloor die vetjies en kry vietse, ferm arms

Close