×
Skakel na Engels

6 heerlike idees met oorskiet-Paasbolletjies

Is daar ’n paar ou Paasbolletjies in die broodblik? Moet dit nie dadelik vir die voëls voer nie!
Paasbolletjies

Ons by GH voel dieselfde oor oorskiet-Paasbolletjies as oor oorskietwyn – soos in hoekom sal ons enige oorskiet hê?! In die onwaarskynlike scenario waar jy met ’n paar ou Paasbolletjies sit, sal jy bly wees om te hoor daar is verskeie maniere waarop jy elke laaste krummel en korent in iets selfs lekkerders kan omskep.

1. BROOD-EN-BOTTERPOEDING

Ons is groot aanhangers van Jamie Oliver – sy kos is eenvoudig, maar smullekker en die meeste van sy resepte is groot apploustrekkers. Dit is dus geen verrassing dat ons sy Bun & Butter Pudding-resep as die eerste van ons vyf heerlike oplossings vir oorskiet-Paasbolletjies gekies het nie. Kry sy baie maklike resep hier. Of maak dit dubbel so dekadent en voeg sjokoladeskaafsels by jou Paasbolletjiepoeding!  

 

2. PAASBOLLETJIE-ROOMYS

Kan daar iets lekkerder wees as roomys en Paasbolletjies saam? Hier is ’n baie maklike resep om die twee heerlike happies te kombineer.

3. FRANSE PAASBOLLETJIE-ROOSTERBROOD

Die Internet Chef, alias Bridget Davis, het ’n watertandlekker resep vir Franse Paasbolletjie-roosterbrood met Nutella – kry die resep hier – maar jy kan so te sê enige iets by jou Franse Paasbolletjie-roosterbrood voeg, soos hierdie kombinasie met gekaramelliseerde piesangs, pekanneute en Griekse jogurt. 

4. PAASBOLLETJIES MET SPEK EN BOTTER

Dit kan nie makliker wees nie – sny jou Paasbolletjie in die helfte deur, rooster dit en sit voor met botter en brosgebraaide spek. Hier’s ’n resep om te wys presies hoe vinnig en maklik hierdie dekadente ontbyt is.

 

Stuff dreams (& hangovers) are made of! #hotcrossbunbaconbutty

A photo posted by FifiG (@fitotheona) on

5. PAASBOLLETJIEVULSEL VIR BRAAISTUKKE

Beplan jy om Sondag ’n groot braaistuk vir die gesin te maak? Hoekom gebruik jy nie ou Paasbolletjies om ’n soetsout vulsel vir jou hoender of een te maak nie? Die Internet Chef het ’n baie maklike resep vir ’n heerlike Paasbolletjievulsel. 

6. GEROOSTERDE TOEBIES MET PAASBOLLETJIES

Ons sluit ons verskeidenheid af met ’n goeie ou geroosterde toebroodjie. Sny eenvoudig ’n Paasbolletjie in die helfte deur, vul dit met jou gunsteling-toebroodjiebestanddele, rooster totdat dit warm is en geniet dit! Is jy nog lus vir ietsie soets ná al die Paaseiers? Jy kan hierdie idee ook in ’n nagereg omskep – rooster ’n gehalveerde Paasbolletjie en skep roomys tussenin die helftes.

FOTO: iStock/GordonBellPhotography

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 wegbreekplekke vir Paasnaweek

Gaan dié Paasnaweek weg vir ’n bietjie pret!

Close