×
Skakel na Engels

6 groentes wat jy van plantreste kan kweek

Kweek jou eie groente in ‘n kits!
groente

Hou jou kombuis omgewingsvriendelik deur hierdie ses groente van plantreste te kweek. Dit sal jou boonop geld spaar!  

1. Basiliekruid

basil

iStock/Lusky

1. Plaas ʼn paar stingels, met blare aan, in ʼn glas water.

2. Los dit op ʼn sonnige plek en wag totdat die wortels ongeveer 5 cm gegroei het.

3. Nou kan jy hulle in ʼn klein potjie oorplant.

2. Wortels

carrots

iStock/kyoshino

1. Kweek jou oorskietwortels deur die worteltoppe (snykant ondertoe) in ʼn vlak bordjie of piering met water neer te sit. Die worteltoppe moet half bedek wees.

2. Plaas dit in ʼn helder verligte vertrek of op ʼn vensterbank.

3. Gee water wanneer nodig sodat die wortels nie uitdroog nie. Die worteltoppe sal binne ʼn week of twee begin uitloop.

3. Sprietuie

spring onion

iStock/steve-goacher

1. Sny die sprietuie ongeveer 2,5 cm van die wortels af en plaas hulle in ʼn glas water sodat die wortels heeltemal bedek is.

2. Los hulle vir ʼn week en ʼn half op ʼn sonnige plek en sorg gereeld vir skoon water.

3. Knip die groen lote af en gebruik dit in jou slaai!

Soortgelyk: 10 van die beste tuinplante wat min water vra

4. Seldery

celery

iStock/anna1311

1. Sny die basis van die seldery af en plaas dit in ʼn bakkie warm water.

2. Los die bakkie vir ongeveer ʼn week op ʼn sonnige plek.

3. Wanneer nuwe blare verskyn, kan jy dit in ʼn grondgevulde pot oorplant.

5. Gemmer

Ginger

iStock/baibaz

1. Week groot stukke gemmer oornag in water.

2. Plant die gemmer die volgende oggend in ʼn grondgevulde pot.

3. Plaas die pot op ʼn sonnige, warm plek.

6. Roosmaryn

Rosemary

iStock/zeleno

1. Sny die boonste 5 cm tot 7 cm van die takkies af en plaas dit in ʼn glas water.

2. Wanneer die takkies begin wortels maak, kan jy hulle in grondgevulde houers oorplant. 

LEES OOK:

Vrolik jou tuin op

Dié vrugte en groente kan dalk keer dat jy gewig aansit 

Jou winter-tuinmaaklysie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe aalwyn jou vel kan help

Jy sal verstom wees oor hoeveel gesondheidsvoordele hierdie plant het!

Close