×
Skakel na Engels

6 dinge wat jy van aktiwiteitsmonitors moet weet

Bly op die hoogte van jou fiksheidsdoelwitte
aktiwiteitsmonitor

Hoekom sal jy jou foon gedurende oefening wil saamdra as jy beter gesondheidsdata van ’n slim, bekostigbare fiksheidsbandjie aan jou arm kan kry? Dra jou monitor heeldag (en selfs heelnag) om ’n opsomming van jou aktiwiteite te kry sodat jy kan sien waar en hoe jy jou gesondheid kan verbeter.

Hier is ’n paar dinge wat jy van hierdie monitors moet weet:

1. Grootte

Sporthorlosies het GPS om afstand en veranderinge in hoogte akkuraat te meet, en bied gedetailleerde terugvoering gedurende oefening, maar dis te groot om in die bed te dra. Aktiwiteitsmonitors is kleiner en meer bekostigbaar. ’n Monitor sonder GPS gebruik jou lengte en treë om vas te stel hoe ver jy gedraf het, maar dit gaan nie weet as jy opdraand gehardloop het nie!

2. Hartkloptempo

Daar word ’n lig aan die onderkant van jou monitor deur jou vel uitgestraal en die polsende beweging van die bloed in jou are word deur sy sensor gemeet. Dis belangrik om jou verhoogde hartklop te meet, selfs terwyl jy nie beweeg nie, soos wanneer jy moeilike jogaposisies probeer behou of gimtoerusting gebruik.

3. Water

Min monitors is heeltemal waterdig, wat die keuse vir swemmers, branderplankryers en roeiers beperk maak. Hartklopsensors en GPS werk ook nie onder water nie.

4. Slaap

Volgens die nuutste navorsing is slaap ’n baie belangrike faktor in jou algehele gesondheid. Jou monitor kom outomaties agter wanneer jy slaap en dui aan hoe onrustig jy in die nag was.

5. Foonvriendelik

Alle monitors is met Apple en Android-fone versoenbaar en gebruik Bluetooth en ’n aanvullende app. Die verskeie handelsmerke se apps het oor die jare baie verbeter. Jou appdata word in die wolk (cloud) gestoor om dit te bewaar, maar as jy van handelsmerk verander, sal jy al jou geskiedenisdata verloor.

6. Punte

Die meeste toonaangewende mediesehulpskemas bied belonings as jy jou monitordata met hulle deel. Dit geld egter net sekere monitors. Besoek jou skema se webwerf vir ’n lys toestelle en die oefendoelwitte wat hulle vereis.

FOTO: iStock/Rocky89

LEES OOK:

7-minute-oefensessie vir die besige vrou

Die beste kos om voor en ná oefening te eet

8 gratis oefenvideo’s op YouTube wat jou lewe sal verander

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 oefenmites ontbloot!

Die heel grootste mite: Niemand het al die antwoorde nie!

Close