×
Skakel na Engels

5 wenke vir ’n uithaler-teepartytjie

Kortpaaie vir ’n tiptop teepartytjie
uithaler-teepartytjie

1. So maklik soos dit

1. Dek jou tafel die vorige aand en pak die opdienborde uit. As gaste kos bring, vra hulle om wit borde te gebruik vir ’n eenvormige voorkoms.

2. Gebruik potplante pleks van varsgeplukte blomme as versiering.

3. Bekommerd oor genoeg sitplek? Omskep jou samekoms in ’n informele piekniek met komberse en kussings op die grond. Dra ook jou banke uit.

2. Kos is op die tafel

Dié besonderse papierplekmatjies van Handmade By Me is alkant gelamineer en herbruikbaar. Delft-bord (links) en Chinese Imari-bord albei R220 vir ’n stel van vier

hellopretty.co.za

Papierstrooitjies kan ’n tafel mooi opdollie! R25 vir 24, Hello Pretty.

serviettes

woolworths.co.za

Wie het linneservette nodig as papierservette net so fraai kan wees? R36,95 vir 20, Woolworths.

3. Verfrissende nuwe dorslessers

yuppiechef.com

The Duchess Virgin Gin & Tonic smaak nes die ware Jakob, maar sonder die kilojoules of ’n babelaas! R109 vir vier

bos ice tea

pnp.co.za

Ons is versot op Bos Ice Tea se ikoniese verpakking – en hul suikervrye reeks. R11,99

five roses

makro.co.za

Five Roses se nuwe Passion Fruit & Cranberry Flavour-tee sal enige teepartytjie in ’n feesviering omskep! Dis ideaal vir ystee. R19,58

4. Maak dit: Mooi en maklike sierstringe van kolwyntjiedoppies!

Jy benodig: tandevlos, ’n stopnaald en kolwyntjiedoppies. Steek die vlos deur die stopnaald en ryg ’n paar kolwyntjiedoppies (twee op ’n slag met hul rug kante na mekaar toe) in om ’n vrolike string te maak. Knoop die punte vas en maak aan weerskante ’n lussie. Hang die string bo jou teetafel op.

5. Mooi getooiGegeurde water

Gegeurde water is heerlik en lyk boonop prentjiemooi! Hier is ’n paar voorstelle uit Decorate for a Party (Quarto Publishing) deur Holly Becker en Lesley Shewring.

1. Kry ’n paar glasvase, -kraffies en -flesse.

2. Sny jou geliefkoosde vrugte en kruie op.

3. Speel met kombinasies, en vul dit met water aan.

4. PROBEER: Kiwi en lemmetjie, bloubessie en suurlemoen, aarbei en ment, en basilie en braambessie.

FOTO: iStock/SolStock

ALSO READ:

’n Koekieresep vir elke dag van die week

Bederf jouself hierdie winter met dié dubbel-dekadente sjokoladekaaskoek

Perske-ystee met whisky

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Koekieresep vir elke dag van die week

Dit is mos ’n koekie ’n dag, of hoe?!

Close