×
Skakel na Engels

5 wenke vir hoe om ’n Beautyblender® skoon te maak

Want skoon gereedskap is die beste gereedskap!
Beautyblender®

Toe die Beautyblender® ’n paar jaar gelede op die Suid-Afrikaanse mark verskyn het, het ons grimeerroetines vir altyd verander. Dis alles behalwe ’n gewone grimeringsponsie: Die Beautyblender® is ’n staatmakerproduk vir kenners in die skoonheidsbedryf wanneer dit by die maklike, egalige aanwending van onderlaag kom.

Net soos ander grimeersponse en -kwaste moet die Beautyblender® gereeld skoongemaak word sodat jy nie bakterieë of ou grimering na jou gesig oordra wat puisies en infeksies kan veroorsaak nie. Maar wat is die beste manier om hierdie eiervormige sponsie skoon te maak? Volg dié stappe:

1. Doen dit daelik

Die beste manier om jou Beautyblender® skoon te hou en sy lewensduur te verleng, is om dit te was sodra jy dit klaar gebruik het. Dit klink dalk oordadig, maar om dit onmiddellik skoon te maak sal keer dat grimering in die sponsie aanpak, wat dit moeiliker sal maak om dit later te was.

Lees: Wanneer moet jy jou grimeerkwaste was?

2. Gebruik jou gesigswasmiddel

Hoewel Beautyblender® hul eie spesiale reinigingsvloeistof vervaardig, kan dit ’n duur uitstappie raak as jy jou sponsie daagliks gebruik. Nog ’n produk wat Beautyblenders glo doeltreffend skoonmaak, is ’n gewone koekie seep. Vryf die sponsie oor die seep en druk dan enige vuiligheid en skuim met jou vingers uit voordat jy die sponsie behoorlik afspoel.

3. Maak dit twee keer skoon

As jy een van daardie mense is wat daaraan glo om jou gesig twee keer te was, sal jy weet dat dit soms nie genoeg is om ’n ding net een keer skoon te maak nie. Dieselfde geld die skoonmaak van jou Beautyblender®. Nadat jy dit gebruik het, laat week dit in ’n oliereiniger om grimering te verwyder en gebruik dan ’n skuimreiniger om enige ander vuiligheid weg te was. 

Lees: Gebruik só huishoudelike produkte om jou grimeerkwaste skoon te maak

4. Tyd vir ’n nuwe

Ongelukkig hou Beautyblenders nie vir ewig nie en jy sal sommer sien wanneer joune begin frummels maak – dis ’n teken dat jy dit moet vervang. Nog ’n slim manier om die lewensduur van jou sponsie te verleng, al is dit net met ’n paar weke, is om dit in die helfte te knip. Dan kan jy die skoon middelgedeeltes gebruik om jou onderlaag mee aan te wend.

5. Bêre dit reg

Hoe jy jou Beautyblender® wegpak en bêre is net so belangrik as om dit skoon te maak. Voordat jy dit wegsit, maak seker dis heeltemal droog om muf te keer. En maak ook seker dat jy dit in ’n deurlugbare, skoon houer of sakkie bêre, want dit sal keer dat bakterieë opbou en dat daar vuiligheid op die sponsie kom.

FOTO: iStock/Massonstock

LEES OOK:

Die nuwe gek manier om onderlaag aan te wend

Skoonheidsprodukte – koop of spaar?

Vervang gereeld jou grimering

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Keer dat jou ooggrimering jou ouer laat lyk met wenke van Adele se grimeerkunstenaar

Kikker jou kykers op met hierdie bekende grimeerkunstenaar se beproefde raad. Deur Bridget March

Close