×
Skakel na Engels

5 wenke om te keer dat jy jouself hierdie Kersfees ooreet

Dit is moontlik, jy weet …
Kersfees

Kos en drank speel natuurlik ’n reuserol in die feesseisoen, maar dit beteken nie ons moet onsself in die verderf in eet nie. Dr. Dawn Harper deel haar topwenke oor hoe om te voorkom dat jy jouself hierdie Kersfees ooreet …

1. Eet voordat jy uitgaan

Dis belangrik om ’n klein aandete te geniet voordat jy uitgaan om jou voor te berei vir die nag wat voorlê. ’n Sny volgraanbrood is ’n wonderlike bron van energie wat stadig vrygestel word en sal jou help om energietekorte reg deur die aand te vermy.

As jy ’n vullende happie soos roosterbrood by jou “gereedmaakroetine” insluit, beteken dit jy kan nog ’n paar lekkernye geniet, maar as jy nie honger is nie, is dit minder waarskynlik dat jy jouself aan te veel Kersfees-snoephappies sal vergryp en jy sal boonop genoeg energie hê om die dansvloer aan te vat!

2. Nuttig drie maaltye

Jy is dalk nie honger ná ’n groot middagete nie, maar dis belangrik om drie gebalanseerde maaltye per dag te eet om jou bloedsuikervlakke bestendig te hou. Dit beteken jy sal vir langer energie hê en sal nie later of in die oggend ’n insinking hoef te hanteer nie. Dit kan daartoe ly dat jy suikerbelaaide kos vir energie eet.

3. Geniet die regte ontbyt

Omdat volgraanroosterbrood baie vesel bevat – ’n onverteerbare komponent wat jou vol laat voel – is dit die ideale ontbytkeuse om jou deur die oggend te sien. ’n Hoëveselontbyt beteken jy sal minder geneig wees om midoggend ’n soet peuselhappie te gryp – soos daardie sjokolade wat hierdie tyd van die jaar in die kantoor die ronde doen! Eet dit met amandelbotter – ’n uitstekende en heerlike bron van proteïen om die hongerpyne weg te hou.

4. Moenie onrealistiese doelwitte stel nie

Ek dink hoe meer jy jouself belowe dat jy reg deur die feesseisoen jou nie aan verleidelike peuselkos soos vrugtepasteitjies sal vergryp nie, hoe meer fokus jou brein op daardie kos. Dit sal die een ding word wat jy móét hê en dis net ’n kwessie van tyd – na gelang van van hoe sterk jou wilskrag is – voordat jy die stryd verloor.

Dit is nie verkeerd om ’n Kersversnapering te eet nie, maar as jy elke dag van die feesseisoen baie daarvan eet, gaan jy in die moeilikheid beland.

5. Wees gebalanseerd en moenie ’n kitsdieet volg nie

Baie vroue begin om maaltye oor te slaan of gaan hierdie tyd van die jaar op ’n kistdieet om vir die feesseisoen voor te berei. Maar dit kan lei tot ooretery op daardie aand wat jy juis op jou beste wil voel en lyk. Die kilojoules kan meer en meer word wat jou teen Januarie met ’n hele paar ekstra kilogram kan laat.

Dit gaan alles oor gebalanseerdheid en porsiebeheer, en teen so 335 kJ per sny kan brood jou help om ’n gebalanseerde dieet te handhaaf.

Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.com verskyn.

LEES OOK:

14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Kry die kos en geure wat jy nodig het

Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 watertandresepte van Kersfees-oorskietkos

Probeer hierdie vinnige, slim resepte as jou yskas oorloop van al die oorskietkos.

Close