×
Skakel na Engels

5 wenke om jou klerekas uit te sorteer

Van ’n warboel tot ’n spogkas – in ’n kits!
klerekas

Begin net! Dit klink dalk na goeie raad, maar vir iemand wat haar klerekas moet uitsorteer, kan dit na ’n oorweldigende taak voel. Hier is vyf eenvoudige wenke wat dit makliker maak om meer ruimte in jou kas te skep.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Sorteer en skenk

Gaan een vir een deur jou kledingstukke en haal alles uit wat gevlek, geskeur of verbleik is. Skenk enige iets wat nog gedra kan word, aan jou plaaslike kerk of liefdadigheidsorganisasie.

2. Dink seisoenaal

Nou goed, ons weet dat sommige items seisoenaal is, maar wees eerlik met jouself: As jy ’n sekere item die afgelope 12 maande glad nie gedra het nie, het jy basies al vier seisoene gedek –s raak ontslae daarvan! Dit is onwaarskynlik dat jy daardie item nou sal begin dra.

3. As dit nie pas nie, sê totsiens

Hierdie wenk geld veral as jy jou klerekas nie onlangs opgeruim het nie. Of dit nou glad nie pas nie en of dit net sleg sit, gee dit vir iemand wat dit kan gebruik. 

4. Hou op om die perfekte maat te soek

Jy weet presies wat ons bedoel: Daai een item wat jy definitief gaan dra sodra jy iets kry wat daarby pas. Doen dit eerder omgekeerd wanneer jy gaan klere koop – soek na items wat jou bestaande klerekas sal aanvul in plaas daarvan om iets te koop en dan na nóg ’n nuwe item moet soek om by jou eerste kopie te pas. Sodoende spaar jy ruimte én geld!

5. Kies ’n nommer

As jy jouself nie so ver kan kry om enige iets weg te gooi nie, besluit op ’n nommer. Wees dapper en maak dit 10. Gaan deur jou kas en kies enige 10 items wat jy in ’n– sak sit en weggee. Jy sal verbaas wees oor hoe maklik hierdie metode is. Jy gaan jouself dalk selfs betrap dat jy volgende keer 15 of 20 items kies!

FOTO: iStock/Grosescu Alberto Mihai

LEES OOK:

10 slim maniere om alleensokkies te gebruik

5 klerekas-wenke wat regtig werk

11 geheime van uiters netjiese mense

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 maniere om jou klerekas gereed vir die somer te kry

Hierdie staatmakerkopies en -tendense sal jou klerekas nuwe flair vir die somer gee!

Close