×
Skakel na Engels

5 wenke om jou Boomerang-vaardighede vir Instagram op te skerp

As jy reeds dol oor die sosialemedia-webwerf Instagram is, is ons seker jy weet van die byvoeg-app Boomerang
Boomerang

Wat maak Boomerang so verslawend? Dit speel ’n video vorentoe én laat dit herhaaldelik speel, wat dit ’n wonderlike eienskap in ’n video maak wat ons nooit eens besef het ons wil hê nie! Hier is ’n paar nuttige wenke vir Boomerang-beginners:

1. Sorg dat jy ’n vaste hand het


Ons weet almal hoe moeilik dit kan wees om ’n duidelike foto of video te neem wat nie wasig is nie. Die kuns is om jou foon baie stil te hou. Die voorwerpe in jou video moet die enigste beweging wees. As jy sukkel om jou hand stil te hou, plaas jou foon in ’n driepoot. As jy nie een het nie, stut jouself deur teen ’n stewige voorwerp te leun.

2. Hou dit eenvoudig


Die konsep is eenvoudig: Omdat die app self al die harde werk doen, het jy nie veel nodig om die video vermaaklik te maak nie. Die app rol die video terug en vorentoe – ’n wonderlike werktuig om selfs die kleinste beweging ’n bietjie lewe te gee. Die geringste beweging of gesigsuitdrukking kan jou die verlangde resultaat gee.

3. Beplanning is belangrik


Nie alle Boomerang-oomblikke gebeur oombliklik nie. Van dit verg oorweging, moeite en tyd – maar dis die moeite werd. Beplan dus jou hoeke en aksies sorgvuldig. Doen ’n paar opnames en plaas dan die perfekte een op Instagram.

4. Maak jou video’s volgens jou eie spesifikasies met die versteekte verstellings

Nie almal weet van hierdie eienskap nie, maar jy kan jou Boomerangs pasmaak! Wanneer jy die Boomerang-app oopmaak, tik vier keer met vier vingers op die skerm. Onthou, die tydsberekening van die tikbewegings is belangrik; moenie ná net een probeerslag opgee nie.

’n Menu met geheime verstellings sal verskyn waar jy kan verander hoe Boomerang herhaal, en die raamtelling en die videoresolusie kan aanppas.

5. Fokus op die agtergrond


Jy hoef nie altyd die fokuspunt van jou Boomerang-video te wees nie. ’n Goeie, helder agtergrond met beweging is altyd ’n wenner. Wanneer die agtergrond beweging verskaf, behoort jy jou beweging to die minimum te beperk sodat die agtergrond die aandag op een ding vestig.

FOTO: iStock/pixelfit

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ontmoet Instagram se gunsteling-baba!

Op 14 maande het Harlen Bodhi White derduisende volgers op Instagram – en verdien hy so te sê reeds ’n...

Close