×
Skakel na Engels

5 vrae wat jy ’n DJ of musiekgroep moet vra voordat jy hulle vir jou troue huur

Goeie raad vir ’n ingeligte besluit
musiekgroep

Of jy nou ’n orkes of ’n musiekgroep wil huur of ’n knap DJ wil kry om sy slag op jou troue te wys, een ding is seker: Die musiek op jou spesiale dag sal die atmosfeer bepaal en lewenslange herinneringe skep. Maar hoe weet ’n mens watter groep of DJ jy vir jou groot dag moet kies? Ons het ’n lys vrae opgestel om jou besluit makliker te maak.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Wat is jou* uurlikse fooi en tot hoe laat gaan jy speel?

Dit behoort een van jou eerste vrae te wees. Troues is duur en daarom is dit belangrik om uit te vind of jy die orkes, musiekgroep of platejoggie van jou keuse kan bekostig. 

2. Kan jy jou styl beskryf?

Jy gaan (hopelik) net een maal trou. Die musiek op jou troue gaan ’n groot bydrae tot die atmosfeer en ambiance hê, dus is dit belangrik dat die kunstenaars of DJ by jou styl en die soort musiek pas wat jy op jou onthaal wil hê.  

3. Wat dra jy gewoonlik wanneer jy by ’n troue optree?

Die kunstenaars/DJ se kleredrag kan hulle soms drasties teenoor jou gaste laat uitstaan. Vra hulle om volgens die troue se klerevoorskrif aan te trek, of dit nou informeel, formeel of iets tussenin is.

4. (Vraag vir ’n groep of orkes): Hoeveel mense is julle en moet ons julle van ’n ete voorsien?

Dis ’n baie belangrike vraag, want dit kan ’n invloed op jul spysenieringsbegroting hê. Spyseniering kan baie duur raak, veral as jy ’n groep musikante wil huur.

5. Is daar enige iets anders waaroor ons moet praat en het jy enige vrae vir my?

Maak seker dat jy sowel as die platejoggie of orkes presies weet wat die voorwaardes en vereistes is. Gesels oor al die besonderhede en logistiek en maak seker dat jy hulle kontakbesonderhede het vir ingeval jy later nog vrae het.

Hooffoto: iStock/ipopba

*Die vrae geld telkens een persoon, soos in die geval van ’n DJ, of meer mense, soos vir ’n groep of orkes.

FOTO: iStock/ipopba

LEES OOK:

12 verrassende dinge wat gebeur wanneer jy jou troue beplan

11 vrae wat jy jou maat moet vra voordat julle trou

5 skoonheidsbehandelings wat jy voor jou troue moet vermy

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Regte troue: Jeani en Jean se rustieke Tulbagh-troue

Daai rok!

Close