×
Skakel na Engels

5 voordele van suurlemoenwater drink

Die kleinste verandering aan jou daaglikse roetine – soos om jou dag met ’n glas suurlemoenwater te begin – kan ’n groot uitwerking op jou gesondheid hê

1. Kry ’n vinnige vitamien C-hupstoot

Druk die sap van ’n halwe suurlemoen in ’n glas water uit – dit is genoeg vir ’n sesde van jou daaglikse vitamien C-dosis. Vitamien C versterk jou immuunstelsel en help beskerm ons teen selskade.

2. Bly gehidreer

Die meeste van ons drink nie genoeg water nie, en dis ’n maklike manier om een van die agt glase water in te kry wat jy elke dag behoort te drink.

3. Reinig jou gestel

Suurlemoensap is ’n sagte, natuurlike uriensuurdrywer wat help om ongewenste gifstowwe in jou liggaam uit te spoel.

4. Laat jou vel beter lyk

Omdat suurlemoensap gifstowwe uit jou liggaam verwyder, sal dit jou gelaat helder hou. En die vitamien C in suurlemoene help om jou veltoon eweredig en die vel ferm te hou.

5. Help met gewigsverlies

Die pektienvesel in suurlemoene help dat jy nie na verkeerde kosse hunker nie en omdat suurlemoene ’n lae GI het, help dit ook om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer, wat beteken sal sal vir langer vol en energiek voel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Gladde kalant

Strykwerk het so pas baie makliker geraak danksy die Russell Hobbs Ideal Temp-strykyster

Close