×
Skakel na Engels

5 vlekverwyderaars wat elke huishouding moet hê

Vlek? Watter vlek? Voeg dié nuttige artikels by jou vlekverwyderingsarsenaal
vlekverwyderaars

Raak ontslae van enige spatsel, vlek of kol met hierdie beproefde raad, nuttige hulpmiddels en topwenke om matte en materiale te red:

1. Spuitbottel met koue H₂O

Spuit dit op vars wyn-, bessie- of tamatievlekke om te keer dat die vlekke set.

2. Babalappies

Grimeringverwyderaarlappies werk ook. Gebruik dit om lipstiffie- of selfs kosvlekke op klere en linnegoed op te los. Dit reinig materiaal net soos dit jou vel reinig.

3. Lepel

Verwyder kos wat gemors het sonder om dit dieper in die materiaal in te druk.

4. Skoon wit lappe

Dis ideaal om vloeistof op ’n mat of materiaal mee op te klad.

GH-WENK: Lapbabadoeke is absorberend, bekostigbaar, kan gebleik word en is makliker vervangbaar as mikrovesellappe.

5. Skoppie en borsel

Vee gebreekte glas of koekiekrummels vinnig op voordat dit ingetrap word.

GH se goue reëls vir vlekverwydering:

KLAD, MOENIE VRYF NIE. Wanneer jy dit klad, help dit om die vlek uit die materiaal uit te lig en dit sal nie soveel skade soos ’n gevryf veroorsaak nie.

GEBRUIK ’N ABSORBERENDE LAPPIE. Plaas dit onder die materiaal om enige residu op te vang namate die vlek verlig en om te keer dat dit versprei. Handdoekpapier of katoenwaslappies werk die beste.

PROBEER ONS MATWENK. Sodra ’n vlek uit is, bedek dit met ’n stapel handdoekpapier en plaas ’n swaar pot bo-op. Los dit vir 24 uur. Dit sal enige residu opsuig wat in die pluis ingetrek het.

FOTO: iStock/RuslanDashinsky

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 stappe om van sentimentele, maar onnodige items ontslae te raak

Glo ons maar: Jy sal beter voel as jy dit eers laat gaan

Close