×
Skakel na Engels

5 van Kate Middleton se nuttigste stylgeheime

Jy hoef nie ’n koninklike te wees om hierdie wenke en kunsies in te span nie
Kate Middelton

Sedert sy in die internasionale kollig gekom het, is Kate Middelton se styl ’n gesprekspunt en iets waarvoor sy bewonder word. Sy het nog altyd ’n oog vir mode gehad. Will het haar die eerste keer op ’n studentemodevertoning raakgesien waar sy ’n deursigtige rok gedra het, en later het sy as ’n aankoper van bykomstighede vir die Britse kettingwinkelgroep Jigsaw gewerk.

Die hertogin van Cambridge het haar kenmerkende styl vervolmaak –stemmig dog modern, gesofistikeerd dog maklik om te dra (en na te boots) – en dit maak moederskappligte en internasionale reise saam met William soveel makliker. Hier is die styllesse wat ons van Kate geleer het:

1. Kry ’n kleur wat jou pas

Kate dra dikwels rokke in verskeie skakerings van blou, van pastelskakerings tot kobaltblou. Om die kleur te kry wat die beste vir jou gelaat en leefstyl werk, sal ’n positiewe uitwerking op jou hele klerekas hê omdat meer items kan saamwerk.

2. ’n Neutrale hoëhakskoen gaan saam met enige iets

Belê in ’n paar goeie leerhoëhakskoene in ’n neutrale kleur en dra dit by absoluut enige kleur rok of pakkie vir moeitelose elegansie.

3. Weet hoe om motiewe te dra

Kate breek dikwels weg van haar effekleurige uitrustings met ’n pragtige bedrukte rok, maar sy laat dit goed lyk deur seker te maak dit pas haar perfek.

4. ’n Netjiese jas is ’n belegging 

Moet jy vinnig deftig lyk? Kyk vir ’n getailleerde jas met ’n gevormde middellyf en trek dit by enige iets aan as jy meer formeel wil lyk.

5. ’n Belt verleen altyd ’n tikkie vroulikheid

Kate verskyn selde in ’n rok sonder ’n belt. Kry ’n dun belt wat by jou rok pas om jou daguitrustings ’n tikkie onderbeklemtoonde elegansie te gee.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Mode-kopie: Die wit hemp

Denim: Die top-tendense vir herfs 2017

Hoe om jou swembroek langer te laat hou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 foto’s wat wys hoe prinses Diana was voordat sy ’n koninklike geword het

Haar ponie se naam was Scuffle! Deur Caroline Picard

Close