×
Skakel na Engels

5 van die wêreld se vreemdste feeste

Is jy dalk lus om ’n kaas te jaag of soos ’n vark te skree?

Daar is altyd iets om te vier, en te oordeel na hierdie ongewone feeste, kan daardie “iets” regtig énige iets wees wat op énige manier gevier word! Van tamatie- en lemoengevegte tot feesgangers wat agter ’n lywige homp kaas aanhardloop, hier is ’n paar van die wêreld se mees bisarre feeste.

1. La Tomatina in Buñol, Spanje

 

Throwback to #bestdayever at #latomatina I want some gazpacho 🍅🍅🍅🍅🍅

A post shared by Casey Gibbons Tucker (@caseygtucker) on

Feesgangers stroom in hul hordes na hierdie fees in die ooste van Spanje om mekaar met tamaties te gooi en aan die wêreld se grootste tamatiegeveg deel te neem. Vir wat? Vir die lekkerte, natuurlik! La Tomatina word sedert 1945 gevier.

2. La Pourcailhade (Fees van die Vark) in Trie-sur-Baïse, Frankryk 

 

The guest(s) of honor have arrived 😎 #lapourcailhade #perfectevening #tallulah

A post shared by Tallulah Wine Bar & Bistro (@tallulahwine) on

Die Fees van die Vark word jaarliks in die suidweste van Fankryk gehou en deur die … wag daarvoor … La Confrérie du Cochon (die Broederskap van die Vark) georganiseer. Die fees, wat sedert 1975 gehou word, sluit uitstallings, varkwedrenne, en eet- en ander kompetisies in. Een van die meer, um, uitdrukkingsvolle aktiwiteite is die Franse Varkskree-kampioenskap waar deelnemers varkgeluide moet naboots, en meer spesifiek, die geluide wat hulle gedurende verskillende fases van hul lewe maak. Oink oink!

3. Die Slag van die Lemoene in Ivrea, Italië

Volgens legende word hierdie fees – wat basies ’n reuse-kosgeveg met lemoene is – gehou om ’n historiese gebeurtenis te gedenk waar ’n plaaslike edelman ’n jong vrou in die dorp Ivrea aangeval het, net om deur die meisie onthoof te word. Die daaropvolgende opstand deur die dorpenaars word deur die jaarlikse Slag van die Lemoene gesimboliseer.

4. Cooper’s Hill Cheese-Rolling-fees, Cooper’s Hill in Brittanje

 

A post shared by MEEM (@meemmemory) on

Sê kaas! Hierdie jaarlikse geleentheid word naby die stad Gloucester in Engeland gehou. ’n Ronde gloucester-kaas van 4 kg word teen ’n heuwel afgerol en deelnemers storm agterna. En ja, die persoon wat die kaas vang, wen die kaas. In ag genome dat die kaas ’n voorsprong van een sekonde het en ’n snelheid van 112 km per uur kan bereik, is dit moeiliker as wat dit klink!

5. Boryeong-moddergeveg in Suid-Korea

 

Hierdie fees word gedurende die somer in Boryeong, ongeveer 200 km suid van Seoel, gehou. Boryeong se moddervlaktes is die ideale bron van hierdie prettige fees se hoofbestanddeel. Die oorspronklike doel van die fees was die bemarking van die omgewing se mineraalryke modder as ’n bestanddeel vir kosmetiese produkte, maar dit is vandag hoofsaaklik bekend vir hierdie modderervaring, wat onder meer ’n modderbad, modderglybane en modderski-kompetisies behels.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Legendariese SA kunstenaar kry haar eie boulevard in New York

Die mees gesogte juweliersware op Google

Skoonheidsgeheime van oor die wêreld heen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 gewoontes van ’n goeie bestuurder

Om ’n goeie bestuurder te wees beteken dat jy nie net takties nie, maar ook veilig moet bestuur ...

Close