×
Skakel na Engels

5 tuinwenke waaroor jy dol sal wees!

Kweek ’n paar nuwe idees
tuinwenke

1. Beskerm jou patio

Plaas ’n ou opgerolde tuinslang onder ’n groot potplant vir beter dreinering en om te keer dat hout vlek of kromtrek.

2. Veiligheid eerste

Knip dit volgens grootte en maak ’n snit in die lengte om ’n beskermende oortreksel vir handsae en snoeiskêre te maak.

3. Beplan ’n blombedding

Tuinslange is buigbaar en kan maklik rondgeskuif word. Gebruik dit dus om jou beddings uit te lê voordat jy die grond begin uitspit.

4. Netjiese netwerk

Sny ’n stuk tuinslang in die lengte aan die een kant oop en gebruik dit om ’n spul kabels of koorde netjies bymekaar te hou.

5. “Groen” plaagbeheer

Spaar jouself ure se werk deur plante te plant wat insekte afweer. Metgeselplante is die ekovriendelike alternatief vir jou tuin met ’n plaagdoder te patrolleer, en dis maklik as jy weet hoe. Plant sprietuie saam met jou wortels, kappertjies rondom jou rankboontjies, en grasuie onder jou rose.

FOTO: iStock/AlexRaths

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

’n Tuiniersgids tot leibome

Vrolik jou tuin op

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Video: Suzelle DIY wys hoe om ’n organisasie-stasie vir jou voorportaal te maak

Ons is dol oor hierdie kleurryke skepping!

Close