×
Skakel na Engels

5 terug-skool-toe-produkte vir jou kinders se skoene

Maak seker jou kind sit sy beste voetjie(s) dié skooljaar voor!
Plush webvertorial

Is jy gereed vir die nuwe skooljaar? Plush het ’n fantastiese reeks skoensorgprodukte wat jou kinders se skoolskoene weer splinternuut sal laat lyk! Begin die jaar op ’n goeie, h’m, voet en maak seker jou kroos se skoolskoene is gereed met dié vyf skoensorgprodukte van Plush:

1. Plush Max-skoenpolitoer 

Plush Max-skoenpolitoer gebruik kleurtegnologie om skoene waterdig en blink te maak, en ook te beskerm sodat dit vir langer mooi lyk. Hierdie puik skoenpolitoer is in vier kleure beskikbaar: swart, bruin, neutraal en taan. Wend die politoer egalig aan hul skoene aan, en poets dit dan met ’n droë lap of borsel.

Max Polish 100ml Tins_Black

Foto: Met vergunning van Plush

2. Plush-kitsskoenpolitoer

Plush-kitsskoenpolitoer is ’n vloeibare skoenpolitoer wat kleur hernu en skoene ’n helder, langblywende glans gee. Hierdie fantastiese produk is in ses kleure beskikbaar: swart, taan, bruin, vlootblou, neutraal en wit.

Liquid Polish (Black)

Foto: Met vergunning van Plush

3. Plush-kitsskoenpolitoerspons

Die Plush-kitsskoenpolitoerspons is ’n skoenpoetser wat stof en vuilheid vinnig en maklik verwyder. Dis ’n nuttige produk om saam te dra om jou skoene in ’n japtrap weer blink te laat lyk.

Sponges (Black)

Foto: Met vergunning van Plush

4. Plush Takkie White

Plush Takkie White herstel die oorspronklike kleur van seilskoene en laat dit weer vars en nuut lyk. Plush Takkie Black en Plush Takkie Navy is ook beskikbaar vir donkerder skoene.

Takkie Clean

Foto: Met vergunning van Plush

5. Plush Takkie Clean 

Plush Takkie Clean is ’n vloeibare skoensjampoe wat vlekke en reuke in skoene verwyder en dit heerlik vars laat ruik. Hierdie wonderlike produk is ideaal vir alle kleure seil-, nylon-, rubber-, viniel- en nylongaasskoene.

 

Takkie Clean

Foto: Met vergunning van Plush

Die Plush-skoensorgreeks is landwyd by vooraanstaande kleinhandelwinkels beskikbaar.

Back To School Logo

Vir nog inligting oor Plush volg @PlushSA op Facebook of @Plush_ZA op Twitter, of besoek Plush.

Hooffoto: iStock/Steve Debenport

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 8 Plush-terug-skool-toe-geskenkpakke met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n Plush-geskenkpak met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000 wen met die komplimente van Goeie...

Close