×
Skakel na Engels

5 skoonheidsdilemmas tydens swangerskap en hoe om dit op te los

Swanger en mooi!
swangerskap

Swangerskap is inderdaad ’n ongelooflike tyd, want aan die einde daarvan word jy met ’n bondeltjie vreugde geseën. Die voorafgaande nege maande kan jou vel en hare hê egter laat les opsê. Hier is vyf algemene probleme wat gedurende swangerskap ervaar word en wenke vir hoe jy dit kan oplos. Want ’n gelukkige ma beteken ’n gelukkige baba!

1. Melasma

Melasma is die gevolg van veranderende hormone en lei tot die vorming van donker vlekke op jou gesig. Hierdie pigmentasie word vererger deur sonblootstelling; maak dus seker dat jy elke dag ’n sonskermmiddel aanwend, blootstelling aan die son beperk en ’n natuurlike, veilige verhelderingsroom gebruik om pigmentasiemerke te verbloem.

Lees ook:  5 bestanddele van skoonheidsprodukte wat swanger vroue moet vermy

2. Aknee

Sommige vroue se vel is gedurende hul swangerskap op sy mooiste terwyl ander skielik met puisies sukkel. Hoewel die meeste mondelinge akneemedikasie, en bestanddele soos retinoïede en salisielsuur wat in akneesalwe voorkom, tydens swangerskap vermy moet word, behoort gesigreinigers wat sagwerkende puisiebevegters soos teeboomolie bevat te help om jou vel so glad moontlik te hou. 

3. Spatare

Hormoonveranderinge en die toename in die volume bloed in die gestel kan veroorsaak dat are vertak, en groter en sigbaarder word. As jy spatare begin ontwikkel, raai ons aan dat jy minder tyd op jou voete deurbring. Sit met jou bene so hoog moontlik en belê in ’n goeie paar spataarkouse. 

Lees ook:  Hoe om jou vel tydens jou swangerskap te versorg

4. Liggaamshare

Nie alle aspekte van swangerskap is mooi nie, maar sommige is eenvoudig wonderbaarlik, soos hare wat oor jou hele lyf op ongewone plekke te voorskyn kom. Dieselfde hormone wat gedurende hierdie nege maande vir dik, gesonde hare sorg, kan ook tot oormatige liggaamshare lei. Genadiglik is dit veilig om te skeer en te waks, en jou haargroei behoort ná die baba se geboorte na normaal terug te keer. Sjoe!

5. ’n Droë, sensitiewe of jeukerige vel

Gedurende hierdie tyd is daar baie wat jou lyf deurmaak, en ook jou vel kan ’n knou kry. Om enige droogheid, jeukerigheid en sensitiwiteit te beveg kan jy na ’n ryk, ongegeurde room oorskakel en jou vel vogtig hou deur dit deur die loop van die dag weer aan te wend. Dit sal verdere irritasie voorkom en ’n strelende uitwerking op jou vel hê. 

Foto: iStock/AtnoYdur

LEES OOK:

7 topwenke vir oefening tydens swangerskap

Hoe om jou hond op jou nuwe baba voor te berei

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 belangrike feite vir wanneer jy hare was

Want kennis is mag (en goed vir jou hare!)

Close