×
Skakel na Engels

5 sakpas wenke teen veroudering

Jy het nie regtig ’n kas vol van die beste produkte nodig om jou vel te versorg nie …
veroudering

As jy op die skakel gekliek het om hierdie te lees is die kans goed dat jy nie ’n kas propvol van die duurste velsorgprodukte het nie, of jy is bekommerd dat jy nie die produkte kan aanhou koop wat jy gebruik nie en jy is besorg dat jou vel die prys sal betaal. Die waarheid? Selfs die duurste bestanddele kan nie genetika en ’n leeftyd van slegte gewoontes klop nie. Maar die goeie nuus is dat daar kostedoeltreffende maniere is om jou vel te vertroetel en versorg. Doen dit só:

  1. Kyk in jou kombuis

    Jou ontbytbestanddele kan ook as gesigsmaskers dien. Daardie avokado waarvoor jy nie lus is nie? Druk dit fyn vir ’n masker. Eiers wat nie meer so vars is nie en jy nie meer vir ontbyt wil eet nie? Probeer ’n eierwitmasker. Hierdie natuurlike bestanddele het verskeie voordele vir jou vel. O, en skaf sommer vandag nog klapperolie aan! Dit kan as grimeringverwyderaar én as ’n tuisgemaakte skropmiddel en lyfbevogtiger dien.

  2. Leer om jou etikette te lees en slim te koop

    Dis ’n mite dat goedkoper produkte minder doeltreffend is. Leer om jou velsorgprodukte op dieselfde manier te benader as wanneer jy kruideniersware koop om ’n gesonder dieet te volg – lees die etiket en leer hoe om voordelige bestanddele vir jou vel te herken. Probeer wegbly van reinigers, verfrissers en bevogtigers wat alkohol en parfuum bevat as jou vel geneig is om droog en sensitief te wees. Kyk uit na produkte wat retinol en salisielsuur bevat as jy ’n teenverouderingsdoepa wil hê. Glikolsuur is ook ’n goeie velsorgbestanddeel, want dit verhelder jou vel en skilfer dit af. Wonder jy steeds watter handelsmerke om te koop? Doen aanlyn navorsing en lees eerlike, goed geskrewe kommentaar voordat jy jou swaarverdiende geld uitgee.

  3. Eet vir ’n gesonder vel

    Jy hoor dit gereeld, maar skoonheid begin regtig van binne. Dit help nie jy belê in die duurste velsorgmiddels as jy ongesond eet nie. Spaar liewer en belê jou geld in vars kosse, soos ’n verskeidenheid antioksidantryke vrugte en groente. Maak ook seker dat jou dieet baie vitamien C insluit.

  4. As jy wel baie geld aan een produk uitgee…

     Maak seker dit is ’n sonskermmiddel met ’n hoë SBF. Ongelukkig is die SBF-telling in jou onderlaag of vogroom te laag en bied die hoeveelheid wat jy gebruik nie voldoende sonbeskerming nie.

  5. Masseer jou gesig daagliks

    Wanneer jy saans jou gesig was en bevog, bestee ’n paar ekstra minute om jou gesig sagkens met jou vingerpunte te masseer om kollageenproduksie aan te help en jou limfkliere te stimuleer om van gifstowwe ontslae te raak en ’n vlekkelose vel te verkry.

Photo: iStock/PeopleImages

ALSO READ:

Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Hoe aalwyn jou vel kan help

Wat rook aan jou vel doen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 algemene mites oor retinol ontbloot

In ’n neutedop? Moenie bang vir retinol wees nie!

Close