×
Skakel na Engels

5 plastiek-items wat ons nóú moet ophou gebruik

Plastiek is mensgemaak, en ons planeet kan nie op sy eie daarvan ontslae raak nie
plastiek-items

Die aarde gaan al hoe meer onder plastiek gebuk. Ons verbruik moet verminder – alles van plastiekstrooitjie tot wegneemkoppies – en ons moet ons meer oor die planeet ontferm. Die wipplank-effek is op die oomblik ten gunste van plastiek, en die aarde kry swaar as gevolg daarvan.

Ons moet net so goed vir die planeet sorg as vir ons eie kinders. Waarvoor maak ons hulle groot as dit nie is om te leef en die pragtige wêreld te waardeer waarin ons lewe nie? Moeder Aarde was eerste hier en ons moet haar respekteer en vir haar sorg.

Hierdie vyf plastiek-items is skadelik in groot maat en behoort mee weggedoen te word:

1. Plastiek-eetgerei

Frankryk het onlangs die gebruik van plastiek-eetgerei, -koppies en borde verbied in ’n poging om hul koolstofvoetspoor te verklein. Dit is ’n reaksie op die feit dat daar elke sekonde 150 koppies in Frankryk weggegooi word wat net een keer gebruik is.

OPLOSSING: Dra ’n “splade” (lepel, vurk en lem in een) of ’n “spork” (vurk-en-lepelkombinasie) saam met jou. Variasies daarvan is op verskeie plekke beskikbaar, ook by Cape Union Mart.

2. Strooitjies

Vermy dit tot elke prys! Negentig persent van die afval op Australiese strande bestaan uit plastiekwaterbottels en -strooitjies. Die probleem is dat dit in sulke klein stukkies afgebreek word dat seediere dit kan inkry. Dit beweeg dan op in die voedselketting wanneer ’n roofdier sy prooi eet wat pas die plastiek geëet het.

OPLOSSING: Sê nee dankie vir ’n strooitjie in ’n restaurant en drink jou drankie uit die glas. (Gebruik net strooitjies wat bioafbreekbaar is.) Of dra ’n vlekvryestaal-strooitjie in jou sak saam. Dit kan by plekke soos Faithful to Nature se aanlyn winkel gekry word.

3. Bottles water

Dié eenvoudige gebruiksartikel is toe nou nie so eenvoudig nie. Die plastiek bevat bisfenol A en ftalate, wat ’n negatiewe uitwerking op ons liggaam het. In die VSA word 1 500 platiekbottels elke sekonde verbruik.

OPLOSSING: Hou ’n herbruikbare bottel in jou sak. Jy kan dit dan by die werk of op openbare plekke hervul en jy hoef nie oor en oor bottels te koop nie. Daar is baie afsetplekke wat BFA-vrye bottels verskaf sodat jy sonder die skuldgevoel kan drink. Woolworths is een so ’n plek met ’n groot verskeidenheid.

4. Plastiektandeborsels

Interessant genoeg is jou plastiektandeborsel ook taboe. Die meeste tandeborsels word met nylonhare gemaak, met ’n metaalstapel om dit op hul plek te hou. Dit sou geskei moes word voor herwinning, en die plastiek kan nie herwin word nie.

OPLOSSING: Gebruik ’n bamboestandeborsel, wat net so doeltreffend en gebruikersvriendelik is. ’n Maatskappy genaamd Naked Toothbrush het so ’n produk en Suid-Afrikaanse gebruikers kan aanlyn ’n pak van twee koop vir slegs sowat $9,95 (sowat R132).

5. Plastiekwinkelsakke

Australiërs gebruik blykbaar elke dag 10 miljoen nuwe inkopiesakke. Nou is dit in Suid-Australië, Tasmanië en die Noorder-Territorium verbied. Dit is gevaarlik vir die omgewing omdat dit maklik in die oseane kan beland en see- en landlewe benadeel. 

OPLOSSING: Hou herbruikbare sakke in jou motor vir wanneer jy gaan inkopies doen. Onthou om dit in jou sak te sit voordat jy die motor verlaat.

Dankie aan: Sarah Wilson

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief