×
Skakel na Engels

5 maniere waarop blosser die jare kan laat waai

Blosser wat reg aangewend is kan jou jonk en vars laat lyk. Die grimeerkunstenaar Mally Roncal deel haar wenke

blosser

1. Kry jou kleur

Bessie-, perske- en pienk skakerings vlei alle gelaatskleure.
Al wat jy moet doen, is om die intensiteit aan te pas: As jy ’n ligte vel het, kies ’n ligter skakering; donker velle kan meer kleur hanteer.

2. Glimlag breed

Glimlag om die appels van jou wange te kry, want dís waar jy gaan begin. Wend blosser met ’n kwas in opwaartse sirkelbewegings tot net bo jou wangbene aan.

3. Uitwaarts en opwaarts

Vir ’n kitsgesigsontrimpeling, wend blosser op- en uitwaarts aan. Dit sal voorkom dat jou wange soos ’n speelgoedsoldaatjie s’n lyk, wat gebeur wanneer jy die blosser net op die appel van jou wange aanwend. Skakeer die blosser in sodat dit nie
’n duidelike streep
maak nie.

4. Dubbele diens

Om jou gunstelingkleur lipstiffie in ’n roomblosser te verander, smeer dit op die agterkant van jou hand en wend dit met jou vingers al langs jou wangbene aan. Skakeer dit in.

5. Een, twee, drie

Blosser is in drie vorms beskikbaar: Roomblosser werk goed op ’n droë of ouer vel; probeer ’n vloeibare blosser as jy ’n olierige vel het; en poeierblosser werk vir alle velsoorte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die doel van basislae

Verwar die doel en werking van basislae jou? Hier’s wat jy moet weet

Close