×
Skakel na Engels

5 maniere om #SwartVrydag by Takealot.com ten beste te benut

Die aftelling na die grootste aanlyn uitverkoping van die jaar het begin. Is jy voorbereid?
takealot

Die aanlyn kleinhandelaar Takealot.com het die wêreldwye inkopieverskynsel bekend as Swart Vrydag in 2012 na Suid-Afrika gebring. Vyf jaar later is dit die aanlyn uitverkoping van die jaar waaroor die meeste gepraat word. Swart Vrydag vind op 24 November 2017 plaas. Opgewonde kopers kan na meer as 15 000 aanbiedings teen drastiese afslagpryse uitsien, met prysverlagings van tot 60% en uitgesoekte produkte teen ’n afslag van tot 80%, in Takealot.com se ikoniese Blue Dot-uitverkoping.

takealot

Die opwinding van die Blue Dot-uitverkoping is voelbaar! “Ons het spesiale aandag daaraan gegee om uitmuntende aanbiedings beskikbaar te stel op van die jongste nuwe tegnologie en speelgoed, en afslag op van ons beste verkopers van die laaste paar jaar. Kopers kan dus verstommende afslag op TV’s en ander elektronika, selfone, toestelle, boeke, skoonheidsprodukte en natuurlik – met die feestyd wat nader kom – speelgoed en speletjies in oorvloed verwag!” sê Julie-Anne Walsh, Takealot.com se hoofbemarkingsbeampte. Hier is vyf fantastiese wenke van Julie-Anne oor hoe om deel van die aksie op Swart Vrydag te wees:

5 wenke om die Blue Dot-uitverkoping ten beste te benut, want #blouisdienuweswart

1 Besoek Takealot.com se Blue Dot Sale-geleentheidsblad op Facebook

Takealot.com se Blue Dot-uitverkoping val vanjaar met Swart Vrydag saam. Besoek Takealot.com se Blue Dot Sale-geleentheidsblad op Facebook en RSVP om eerste ’n eksklusiewe voorskou van opkomende aanbiedings te kry.

2 Gebruik jou foon

Moenie bekommerd wees as jy nie op Swart Vrydag toegang tot ’n rekenaar het nie. Met Takealot se selfoon-app sal jy van so vroeg as 22 November toegang tot eksklusiewe Swart Vrydag-aanbiedings hê. Dit verseker dat app-kopers uitgesoekte afslag-items voor enige iemand anders kan kry.

3 Beplan vooruit

Wil jy die chaotiese geskarrel op die dag vermy en die naelbyt-bekommernis keer dat die items wat jy wil hê dalk uit voorraad kan wees? Jou Takealot-wenslysie is die sleutel. Beplan jou inkopies vooruit deur items op jou wenslysie te stoor. Hou dan dop om te kyk of daardie items op die dag teen afslag te koop is.

4 Begin vroeg vir die grootste voordeel

By Takealot.com gebeur alles aanlyn, wat beteken jy kan vroeg begin inkopies doen. Die Takealot.com Blue Dot-uitverkoping begin ’n minuut ná middernag, om 00:01, op Vrydag 24 November 2017. Maak solank die koffie en hou jou oog op jou inboks. As jy op die Takealot-nuusbrief ingeteken het, sal jy eerste die jongste nuus en aankondigings hoor.

5 Stel ’n begrotingslimiet

Met so baie aanloklike aanbiedings beskikbaar is dit maklik om te veel geld uit te gee. Maar met versigtige beplanning kan jy keer dat jy ’n slagoffer van kopersberou word. As jy kontant by aflewering betaal, besluit op jou limiet en sit die kontant vooraf reg. As jy op krediet koop, soos baie Mobicred-kopers, stel jou kredietgerief voor die groot dag op en stel vir jouself ’n redelike limiet.

 

Besoek www.takealot.com vir nog inligting. Volg @Takealot op Facebook, @Takealot op Twitter en @takealotcom op Instagram. Besoek Takealot.com se Blue Dot Sale-geleentheidsbladsy op Facebook en bly op hoogte van die uitverkoping.

Hooffoto: iStock/AntonioGuillem

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Een gelukkige leser kan ’n Zando-geskenkbewys ter waarde van R1 500 WEN om op die Swart Vrydag-uitverkoping te bestee!

Swart Vrydag is hier! Wel, ten minste by Zando …

Close