×
Skakel na Engels

5 maniere om skilfers te beveg

Skilfers kan ’n netelige probleem wees wat moeilik is om te behandel. Dié nuttige wenke kan jou help om daarvan ontslae te raak

Portrait of young beautiful woman washing her head

1. VAT DIE OORSAAK VAS

Sukkel jy al wéér met skilfers? Gis is die sondaar. Dit oorleef op ons kopvel van die vetterige afskeiding van die talkkliere en stel oliesuur vry wat by sommige mense tot ’n reaksie lei – skilfers. Maar moenie moed opgee nie: Gebruik ’n skilferwerende sjampoe elke keer wanneer jy hare was, sê dr. Jim Schwartz, ’n toonaangewende wetenskaplike vir Procter & Gamble. Bestanddele soos piritioon-sink werk doeltreffend om gisvlakke in bedwang te hou.

2. KALMEER JOU KOPVEL

’n Gejeuk en ’n skubberige kopvel kan ’n aanduiding van skilfers wees – of van droogheid, sê dr. Paradi Mirmirani, ’n dermatoloog. “Gebruik ’n skilferwerende sjampoe vir twee weke om ontsteking te verminder.” Probeer Head & Shoulders Anti-dandruff Shampoo Classic Clean. Geen verbetering nie? Gaan spreek ’n dermatoloog.

3. WEERSTAAN DIE VERSOEKING OM TE KRAP

Hoewel mense wat las van ’n droë kopvel en skilfers het graag hul kop krap, is dit nie die oplossing nie. “Dit stel ensieme vry wat senuweereseptore aktiveer, jou laat jeuk en só ’n bose kringloop skep,” sê dr. Gil Yosipovitch. “Hoe meer jy krap, hoe meer sal dit gevolglik jeuk.”

4. BEVEG DIE WEER

Lae humiditeit kan ’n droë kopvel en skilfers vererger, sê dr. Debra Jaliman, ’n dermatoloog. Gebruik snags ’n lugbevogtiger, sjampoe jou hare met lou water (warmer water droog die kopvel uit) en vermy haarstileerprodukte met ’n alkoholbasis wat jou hare uitdroog. Probeer Pureology Hydrate Shine Max.

5. LÊ DIE BORSEL NEER

As jy jou hare aanhoudend borsel, kan dit die vorming van skilfers as’t ware aanhits. Stileer jou hare een keer en raak dan so min as moontlik daaraan, sê Sam Brocato, ’n saloneienaar. Probeer sy wenk: Sproei jou kroontjie met ’n haarsproei met ferm beheer – dit bedek enige haarvlokkies met polimere. Dit bly dan op hul plek by die haarwortels tot met jou volgende sjampoe.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Droë lug en jou hare

Wenke om te keer dat jou hare breek en dit meer te bevog en te laat blink wanneer die lug...

Close