×
Skakel na Engels

5 maniere om jouself met jou 13de tjek te bederf

Toe, bederf jouself!
13th cheque

As jy gelukkig genoeg was om aan die einde van verlede jaar ’n 13de tjek – of enige soort bonus – te ontvang (en dit nog nie uitgegee het nie), kan jy dit gerus oorweeg om dit aan jouself te spandeer, veral as jy dit verlede jaar gebruik het om te spaar en te begroot. Hier is ’n lys van vyf luukse maniere waarop jy jou bonus kan bestee.

 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

 

1. Beplan ’n internasionale reis

Daar moet een plek op aarde wees, hetsy Barcelona, die Maldive-eilande of Mosambiek, waarheen jy nog altyd wou gaan, maar aanhou uitstel omdat jy die ekwivalent in jou huis of elders wil belê. Besluit op ’n droombestemming en besoek een van die baie reiswebwerwe om ’n toerplan te kies wat by jou begroting pas.

 

2. Gaan op ’n koopekspedisie

Afhangende van die omvang van jou 13de tjek, kan jy op ’n inkopietog gaan. Moenie die geld op die gewone goed uitgee wat jy aan die begin van elke seisoen koop nie, maar bederf jouself met twee of drie pare skoene of ’n luukse leerhandsak of twee. Dit moet items wees wat nie in jou kas is nie, of iets wat dringend vervang moet word, want jou brogues van 1999 is nie meer so funky soos 19 jaar gelede nie. 

 

3. Verander jou haarstyl

Ongeag of jy nog altyd vir ’n Brasiliaanse behandeling wou gaan of haarverlengings wou insit, dis nou die tyd om dit doen. Om vir ’n sny-en-’n-blaas te gaan, gaan nie die ding doen nie. Kies eerder ’n splinternuwe voorkoms wat jy nog altyd bewonder het, maar nog nooit kon bekostig nie. ’n Nuwe haarkleur is ’n goeie begin.

 

4. Vervang jou skootrekenaar

As jy gedurig aan die gang is, maar altyd gekonnekteer moet bly, kan jy dit oorweeg om jou skootrekenaar met ’n beter, doeltreffender model te vervang. Dit is ’n beleggingskopie waarby jy en jou loopbaan sal baat. 

 

5. Skenk jouself ’n bietjie tyd

As dieselfde horlosie al ’n ewigheid aan jou arm pryk, is dit dalk nou tyd om in ’n nuwe een te belê. Dit is ’n praktiese en sjiek bederf, en sal jou motiveer om meer betyds te wees.

Foto: iStock/Sezeryadigar

LEES OOK:

4 geldlesse wat dié vroue met ander vroue wil deel

5 tekens dat jy dalk jou skootrekenaar moet vervang

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 10 gewildste vrae wat in 2017 gegoogle is

Hoeveel keer het jy al vandag iets gegoogle?

Close