×
Skakel na Engels

5 maniere om jou tuin te versorg terwyl jy met vakansie is

Hoe om seker te maak dat ’n gesonde, gelukkige tuin jou ná die vakansie inwag!
tuin

Jou vakansieplanne is agtermekaar. Jou huis is beveilig en jou troeteldiere is versorg. Al wat oorbly is om seker te maak dat jou tuin oorleef terwyl met vakansie is. Só doen jy dit:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Gee jou tuin ’n deklaag

’n Deklaag is ’n goeie manier om grond vogtig te hou, want dit verminder waterverlies wat as gevolg van verdamping plaasvind. Volgens ’n studie aan die Texas A&M University in College Station in Texas in die VSA verloor plante wat deur ’n deklaag beskerm word 25% minder water as plante daarsonder.

2. Gee hulle kos

Voordat jy weggaan, behoort jy jou plante met ’n vloeibare kunsmis te voed om groei te stimuleer. As jy vir langer as ’n week gaan weg wees, kan jy ’n korrelkunsmis byvoeg vir ekstra voedingstowwe.

3. Vang reënwater op

Om reënwater te herwin – selfs ’n geringe hoeveelheid – is nog ’n manier om beter na jou tuin te kyk, ook wanneer jy weg is en nie gryswater vir jou tuin kan gebruik nie. Dit werk veral goed as jy nie ’n huisoppasser het nie, maar net iemand wat gereeld na jou huis toe kom om jou plante water te gee (sien onder).

4. Maak jou eie ondergrondse stelsel

Maak klein gaatjies onder in ou plastiekbottels. Plaas die bottels in die grond. Na gelang van die soort plante, kan tot vier plante ’n bottel deel. Gee jou plante genoeg water en maak die bottels vol voordat jy vertrek.

5. Vra die bure om te help of betaal ’n professionele persoon

Kom met jou bure ooreen om na mekaar se tuine te kyk wanneer julle op verskillende tye weg van die huis is. Anders kan jy van ’n landskaptuinier of tuindienste vir die duur van jou vakansie gebruik maak.

FOTO: iStock/weerapatkiatdumrong

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

7 maklike wenke vir ’n waterslim tuin

Lok voëls, bye en skoenlappers na jou tuin

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bederf jou geliefdes met hierdie velsorgprodukte vir Kersfees

Of vir jouself. Ons oordeel nie ...

Close