×
Skakel na Engels

5 maniere om die perfekte eerste-skooldag-foto te neem

Probeer hierdie professionele wenke vir die perfekte foto
eerste dag van skool foto

 

1. Kul die kalender

’n Fotosessie op die eintlike eerste skoologgend gaan moontlik op ’n gejaag afstuur. Doen dit die vorige dag sowat ’n uur voor sononder. (Professionele fotograwe noem dit die “goue uur” wanneer die lig sag en vleiend is.)

2. Kies ’n jaarlikse plek

“Neem jou kinders aan die begin van elke skooljaar by dieselfde plek af; sodoende het jy ’n treffende beeld van hoeveel hulle gegroei het,” sê Thomas Kubik, pa van twee en stigter van TK Photography in die VSA. 

3. Speel met ekstras

’n Helder rugsak of kosblik verleen ’n spatsel kleur en gee die kinders iets om met hul hande te doen. 

4. Rangskik jou kroos

’n Groepfoto is ’n moet, maar neem die kinders eers een-een af, beginnende by die oudste; die groepfoto kom laaste. “Jou jongste sal enigiets wil nadoen wat ouboet of ousus doen,” en sal dus haar samewerking vir die alleenfoto gee, se Kubik. “Wanneer jou jongste kind in posisie is, kan jy die ouer kinders rangskik – hulle volg instruksies beter,” sê hy.

5. Moenie vir ’n glimlag vra nie

“Om op bevel te glimlag, lyk altyd onnatuurlik en geforseerd,” sê Kubik. “Vra jonger kinders om snaakse gesigte te trek of geluide te maak – kiek dan wanneer hulle ná die tyd lag. Vir ouer kinders kan jy vra wat hul gunsteling-roomys is. Sê dan: “Wat, beetroomys?”‘

Jy hoef nie noodwendig ’n grap te vertel om ’n glimlag te kry nie. “En as jou tiener haar oë vir jou rol? Neem af! Dis ’n opregte reaksie waaroor jy later gaan mal wees (belowe).”

Kiek hulle by die skool:

Vra jou kind om voor die skool se naambord te staan, of maak self een met sy naam en graad daarop. 

FOTO: iStock/supersizer 

 

LEES OOK:

WEN 1 van 8 Plush-terug-skool-toe-geskenkpakke met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000!

SA skooldogter se rooibostoets help diabetiese honde

5 prettige maniere om jou voorskoolse kind se ontwikkeling te stimuleer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om ’n kriewelrige kind te kalmeer

Daar is baie hulpmiddels wat kinders kan gebruik om hul fokus by die skool én die huis te verbeter

Close