×
Skakel na Engels

5 makliker maniere om jou mikrogolf langer te laat hou

Hy werk so hard vir jou – kyk mooi na hom!
mikrogolfoond

Dis die een toestel in jou kombuis wat jy waarskynlik net soveel (indien nie meer nie) as jou ketel of broodrooster gebruik. Só kan jy jou mikrogolfoond langer laat hou.

1. Plaas dit op die regte plek

Volgens OnsiteGo.com is dit een van die belangrikste maniere om te verseker dat jou mikrogolf hou. Die instruksies sal aantoon hoe ver die mikrogolf van die muur af behoort te wees om behoorlike ventilasie toe te laat. ʼn Goeie riglyn, volgens OnsiteGo.com, is dat die agter- en sykante ongeveer 7 cm van ʼn muur af moet te wees.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Good Housekeeping op Pinterest vir nog.

2. Maak dit gereeld skoon

Dit is een van die maklikste maniere om jou mikrogolfoond se leeftyd te verleng. Prop dit uit ná gebruik, laat dit heeltemal afkoel en vee die binnekant dan met ʼn klam lappie uit. Een maal ʼn week behoort jy ʼn bakkie met ʼn teelepel asyn vir ʼn minuut of twee in die mikrogolf te verhit. Nadat jy die oond afgeskakel het, moet jy die glasdraaitafel soos enige ander bord was. Vee ook die binnekant van die oond met ʼn klam lappie uit. 

3. Gebruik altyd die korrekte houers

Dit beteken gewoonlik glas- en keramiekborde wat geskik is vir mikrogolfgebruik, en plastiekhouers wat spesifiek as mikrogolfveilig gemerk is. Bly weg van bakke met houthandvatsels of enigiets met ʼn metaalagtige afwerking of verf. En onthou, tinfoelie is verbode!

4. Voorkom skade aan die deur

Werk sagkens. Om jou oonddeur toe te slaan, kan ʼn smeltdraadjie laat uitbrand, volgens Repairclinic.com, aangesien die meeste oonde tot drie skakelaars het wat in ʼn spesifieke volgorde moet toegaan. Dit sal slegs gebeur indien die deur sag toegemaak word.

5. Gebruik vooraf-geprogrammeerde gaarmaaktye

Dié programme is ontwerp om energie-effektief te wees en die beste kookresultaat te waarborg. Om van vooraf-geprogrammeerde tye gebruik te maak, voorkom dat jou kos oorgaar word en uitspat, wat jou oond op die lange duur kan beskadig.

FOTO: iStock/Naked King

LEES OOK:

Knap só jou kombuis in ’n naweek op …

10 maniere om jou kombuis te orden

Kombuistruuks wat jy móét probeer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief