×
Skakel na Engels

5 Maklike Wenke vir Gewigsverlies

As jy hoop om vanjaar ’n paar kilo’s te verloor, begin geleidelik met jou gewigsverliesstrategie met hierdie wenke – dis maklik om toe te pas. Deur Melissa Daly

 

 

1. Skep by die stoof op

“Los kosskottels op die stoof pleks van op die eettafel en jy sal sowat 10% minder eet. (En) pak versnaperinge in enkelporsiesakkies. As jy uit ’n groot houer eet, kan jy tot 61% meer eet.” – Dr. Brian Wansink, direkteur van die Food and Brand Lab aan die Cornell-universiteit in die VSA

 

2. Herbedink jou doelwitte

“Verander jou doel van ‘verloor 10 kg’ tot ‘verloor 1 kg 10 keer’ en gee jouself krediet vir elkeen.” – Anne Parker, welstandsberader

 

3. Hou die skille

Moenie appels se skille weggooi wanneer jy dit eet of daarmee kook nie. Die skil bevat ’n stof wat spiere en bruin vet versterk, wat mens teen obesiteit kan help beskerm. Dit was die bevinding van navorsers aan die Universiteit van Iowa in ’n studie wat in 2012 in die joernaal PLoS ONE gepubliseer is.

 

4. Balanseer jou maaltye

Maak seker jou maaltye sluit vesel en proteïen in. Dit help om suikervlakke gebalanseerd te hou, wat beteken jy sal minder geneig wees om na sekere kosse te smag, sê die dieetkundige Tanya Zuckerbrot, skrywer van The Miracle Carb Diet.

 

5. Deel jou doelwitte

“Blog oor jou doelwitte: Dis moeiliker om die handdoek in te gooi voor ’n gehoor.” – Charles D’Angelo, skrywer van Think and Grow Thin

 

Kliek hier vir nog maniere om die kilo’s te kierang  

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 dieetwenke waarby voedingskundiges sweer

Volg dié maklike en wyse wenke om vetjies af te skud. Begin sommer vandag nog

Close