×
Skakel na Engels

5 maklike en bekostigbare maniere om jouself in 2018 te bederf

Toe nou, jy verdien dit!
bederf

Dit is ’n nuwe jaar, wat beteken dat jy ’n nuwe en meer bekostigbare manier nodig het om gesond en gelukkig te bly. Skop jou jaar af met hierdie vyf bederwe wat jou nie te veel uit die sak sal jaag nie.  

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Elizabeth Arden’s Eight Hour Cream Nourishing Lip Balm behoort altyd op jou wenslysie te wees. Jou lippe gaan dol wees daaroor! R235, Edgars

2. Nie almal van ons kan elke maand vir ’n luukse uur lange massering gaan nie, maar ons kan dit seer sekerlik bekostig om af en toe met ’n Lush-badbom in die bad te ontspan (mits jy nie in Kaapstad bly nie). Kies uit ’n wye verskeie geure en kleure. Vanaf  R48,50, Lush Fresh Handmade Cosmetics

3. Nooi ’n paar vriendinne vir ’n fliekaand. Vra elkeen om haar gunsteling-happie en -drinkding vir die aand te bring, en kyk nou net! ’n Goedkoop aand met hope pret, lag en kuier.

via GIPHY

4. Bederf jouself met ’n tuis-spa. Diep al daai maskers en badprodukte op wat jy nog nie gebruik het nie en omskep jou huis in ’n weelderige spa. As jy nie ’n goeie masker het nie, kan jy die L’Oréal Pure Clay Purity Mask probeer. Dit bevat bloekomekstrak, wat oor suiwerende eienskappe beskik. R150, Takealot

5. Verander jou geur vir minder as R250 na iets soos Adidas Fruity Rhythm. Met hierdie moderne blom-en-vrugteparfuum sal jy heeljaar deur ’n somerse geur omvou word. R205 vir 50 ml EDT, Takealot

FOTO: iStock/petrenkod

LEES OOK:

6 maklike skoonheidsvoornemens waarby jy vanjaar moet hou

Hoe om jou hare hierdie somer gesond te hou

Kies hierdie somer gesonde ontbyte en peuselhappies!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dít gaan 2018 se gewildste haarneigings wees

Al die inspirasie wat jy nodig het!

Close