×

5 lewenslesse om jou tieners te help om gemotiveerd te bly

1st for Women glo dat om jou beste self te word daarmee begin om voorbereid te wees. #JustInCase
tieners

Jou tieners beleef waarskynlik een van die uitdagendste fases in hul én jou lewe terwyl hulle probeer uitwerk wie hulle is en wie hulle wil wees. Dis ook een van die opwindendste fases in hul lewe. Niemand besef dit beter as Amy Jones (24) nie.

Sy het immers as tiener en jong volwassene hard gewerk om getrou aan haarself en haar drome te bly. Dié borrelende jong sangeres het vier keer vir die Suid-Afrikaanse Idols ingeskryf voordat sy in seisoen 9 die top-16 gehaal het. Sy was gereed vir enige gebeurlikheid en het haar intensief voorberei.

Sy het al die hoogte- en laagtepunte langs die pad met wysheid en nederigheid hanteer. Hier deel Amy haar lesse wat jou tieners sal help om voor te berei en gemotiveerd te bly om te word wie hulle bedoel is om te wees.

Lewensles 1: Visualiseer om dit te verwesenlik

Ek glo in die krag van manifestasie en probeer om beelde van wat ek wil verwerklik so realisties as moontlik te visualiseer. Ek doen dit deur al vyf sintuie te gebruik om ’n gedetailleerde geestesbeeld te skep van wat ek wil bereik.

Lewensles 2: Wees voorbereid – altyd

My leuse is: Wees voorbereid. Ek geniet dit om te improviseer wanneer ek op die verhoog is. Ek is gemaklik daarmee om in daardie oomblikke dapper en spontaan op te tree danksy die tyd wat ek vooraf afgestaan het om voor te berei.

Lewensles 3: Hou aan glo

Kry iets waarin jy glo – of dit godsdienstig, spiritueel of ’n saak na aan jou hart is. Dis belangrik om te voel dat jy ’n doelgerigte lewe leef. Hóékom jy iets doen, is net so belangrik as wát jy doen.

Lewensles 4: Moenie moed opgee nie

Die pad na sukses het sy eie struikelblokke gehad, maar my bereidwilligheid om vas te byt het baie gehelp. Dit gaan nie daaroor dat jy nooit misluk nie, maar dat jy leer om wel te misluk en dit met grasie te aanvaar. Hoe jy weer opstaan nadat jy gestruikel het, dís die belangrikste.

Lewensles 5: Maak seker jy kies jou geselskap wys

Die mense in jou lewe speel ’n belangrike rol in jou ontwikkeling. Kies watter verhoudings vir jou kosbaar is en wees die mens wie se geselskap jy self sal geniet.

*Hierdie inhoud word aan jou gebring deur 1st for Women.
*Gemagtigde FDV 15261. Bepalings en voorwaardes geld.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 wenke wat jou kind se lewe kan red

Belangrike inligting wat jou kind moet weet

Close