×
Skakel na Engels

5 idees vir ’n Paasfees-noenontbyt

Soek jy na ’n paar idees vir ’n noenontbyt vir Paassondag? Ons het ’n paar liplek-lekker-opsies vir jou!

Jou gesin sal nie genoeg van hierdie smullekker ontbyte kan kry nie! Maak iets ligs, maar vullend en onweerstaanbaar lekker vir jou familie en vriende wat hulle tot die Paaseier-skattejag en -middagete sal versadig hou!

1. Piesang-plaatkoekies

crumpets

Die kinders sal dol wees oor hierdie donsige, warm piesang-plaaskoekies. Dit sal nie net hul magies vol maak nie, maar die hasie sal ook perfek by die Paasfeestema pas. Sit dit voor met geklopte room, esdoringstroop, heuning of sjokoladeskilfers vir ‘n ekstra-dekadente bederf! 

2. Quiche met tamatie en bokmelkkaas

quiche-373x455

As jy na ’n soutige ontbyt voel om al die Paaseier-soet uit te balanseer, is ’n quiche die ideale ligte, maar vullende ontbytkeuse. Die pikante geure van tamatie en bokmelkkaas is perfek vir ’n knus herfsnoenontbyt. Hierdie heerlike quiche is so heilsaam dat jy dit as die hoofdis kan voorsit, saam met vars vrugte, jogurt en muffins. Bon appétit!

3. Kitke met nutella en piesangs

kitke-373x455

Ons weet, jy gaan die hele Paasnaweek deur ’n oordaad sjokolade gebombardeer word, maar hoe kon ons die taai heerlikheid van Nutella en piesang op geroosterde kitkebrood weerstaan? So gedink – jy sou ook nie kon nie en die kinders gaan nie ’n krieseltjie laat oorbly nie!

4. Prei-en-kaastertjies

leek-rarebit-tartlets-372x455

Hier is nog ’n soutige ontbyt-idee wat ons eenvoudig onweerstaanbaar vind: ’n romerige kombinasie van preie en ’n kaassous op blaarddeeg. Jy kan Paasoggend tyd spaar deur die vulsel en slaaisous die vorige dag te maak, en die tertjies net voor opdiening bak.

5. Croissants met eiers, pesto en ham

green-eggs-and-ham-328x455

Sonder eiers en croissants kan ’n noenontbyt eenvoudig nie sy naam gestand doen nie. En hierdie mengsel van fyngekapte eier, pesto en mayonnaise, voorgesit met ham en vars roket op heerlike, bros croissants kry beslis ons stem! Jy kan die eiermengsel die vorige aand maak en in die yskas bêre en die croissants net voor opdiening rooster om tyd te spaar. Mmm …

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lindt se 9 Paasfeessjokolade

Hou jy van Paasfeessjokolade? Kyk ’n bietjie na hierdie luukse reeks van Lindt. Deur Leah van Deventer

Close