×
Skakel na Engels

5 fantastiese suiwelprodukte om jou bene te versterk

Verhoog jou kalsiuminname met hierdie fantastiese suiwelprodukte
woman-drinking-milk

As jy wil seker maak dat jy elke dag genoeg kalsium inkry, is First Choice se suiwelprodukte ’n fantastiese keuse.

Hierdie produkte is goeie bronne van kalsium en kan help om siektes soos osteoporose te verhinder. Boonop smaak dit heerlik!

Wat is osteoporose?

Dink jy jy ly aan osteoporose? Hierdie siekte kan veroorsaak dat die bene in jou liggaam verswak wanneer dit minerale soos kalsium verloor. Dit sal mettertyd die beenmurgdigtheid van jou bene verminder, wat veroorsaak dat bene bros raak en maklik breek. Hoewel daar dikwels geen opmerklike simptome is voordat ernstige skade plaasgevind het nie, kan osteoporose nou gediagnoseer word voordat enige simptome ontwikkel.

Hoekom is kalsium so belangrik wanneer dit by die voorkoming van osteoporose kom?

Jou bene raak sterker totdat jy 30 jaar oud is. Daarna het jou bene al die kalsium en vitamien D nodig wat dit kan kry, want jou bene begin stadigaan verswak.

First Choice het ’n fantastiese reeks suiwelprodukte om op ’n heerlike manier die kalsium by jou gesin se dieet in te sluit wat hulle nodig het om hul bene te versterk.

5 fantastiese suiwelprodukte om jou bene te versterk:

1. Langlewemelk

Die meeste van ons gebruik elke dag melk, hetsy vir daardie eerste koppie koffie soggens of saam met graankos voor skool of werk.

First Choice se melkprodukte is in volroom-, laevet- en vetvrye variante beskikbaar. Almal kom in ’n 1-liter- en ’n 1,5-literhouer met ’n skroefdoppie om dit maklik oop te maak.

First Choice se volroommelk is ook in ’n 500 ml-houer beskikbaar wat kan oopskeur, asook ’n 250 ml-Edge-houertjie met ’n aangehegde strooitjie en ’n 200 ml-houertjie. Al die variante word in ’n buitenste karton verkoop as jy in groot maat wil koop.

milk

2. Gegeurde MILKI-melk

Jy is nooit te oud vir gegeurde melk nie! MILKi kom in 250 ml- en 200 ml-enkelpakkies en sespakke.

Hierdie heerlike, geurige volroommelk bevat 20% minder suiker as die vorige gegeurde First Choice-melke en bevat geen bygevoegde kleurmiddels nie. Die 250 ml-reeks kom in die volgende geure: sjokolade, aarbei, “cream soda”, toffie, koffie, vanielje, koekies-en-room, sjokolademout en sjokoladement. Die 200 ml-pakkies is in sjokolade- en aarbeigeur beskikbaar.

milki

3. Room

Of jy nou ’n vinnige nagereg aanmekaar wil slaan of iets wil bak, room is altyd nuttig. Die gladde First Choice UHT-suiwelroom is in ’n 1-liter- en ’n 250 ml-pak beskikbaar.

Sodra dit oopgemaak is, moet die room in die yskas gebêre word en binne vier dae gebruik word. Alle variante word ook in ’n buitenste karton verkoop as jy in groot maat wil koop.

cream

4. Amasi

Hierdie geurige en veelsydige produk kan op sy eie geniet word of in nageregte, skons en selfs vir braaihoender gebruik word!

First Choice Amasi het ’n gladde tekstuur en ’n effense suur smaak. Dit is in 1-liter-, 2-liter- en 5-literhouers beskikbaar.

amasi

5. High-Protein Recovery-melk

Hierdie wonderlike hoë-proteïendrankie is perfek vir mense met ’n aktiewe leefstyl. Drink dit om jou energie ná ’n strawwe oefensiesessie aan te vul.

First Choice se High-Protein Recovery-melk bevat 16,5 g proteïen per 250 ml, wat sowat dubbel die proteïeninhoud van gewone melk is. 

Recovery milk

Besoek www.firstchoice.co.za vir nog inligting oor First Choice se suiwelprodukte of volg @FirstChoiceSA op Facebook en Twitter. Om fantastiese geskenke te koop, kliek HIER om First Choice se aanlyn winkel te besoek.

Foto’s: Courtesy of First Choice

HOOFFOTO: iStock/MilicaStankovic

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 G-Free-suiwelprodukte vir die hele gesin om te geniet

Hou jou gesin gesond met hierdie wonderlike G-Free-produkte

Close