×
Skakel na Engels

5 fantastiese gebruike vir bakpapier in die kombuis

Elke kombuis het dit nodig
Glad webvertorial 1

Bakwerk in die kombuis is altyd prettig – totdat jy agterna die gemors moet skoonmaak. Beperk die hoeveelheid skoonmaakwerk met Glad Bake & Cooking Paper.

Met hierdie bak-en-kookpapier hoef jy nie panne en bakplate te smeer nie, en niks sal aan jou panne vassit nie. Met soveel verskillende gebruike kan glad Bake & Cooking Paper dit makliker maak om te bak, en dit beteken jy sal nie mors nie! Hier is ’n paar fantastiese wenke oor hoe om hierdie produk te gebruik wanneer jy heerlike eetgoed in die kombuis maak:

GLAD Wrap and Bake

Foto: Met vergunning van Glad

5 wenke om Glad Bake & Cooking Paper te gebruik

1. Keer krummels

As jy ’n koek of tert met ’n krumelbasis maak, druk die beskuitjies vir jou koek- of tertbasis tussen twee velle Glad Bake & Cooking Paper fyn om die skoonmaak makliker te maak.

2. Vang sitrusskil op

Plaas ’n vel Glad Bake & Cooking Paper onder jou rasper wanneer jy dit gebruik om suurlemoen- of lemoenskil op te vang.

3. Moenie met sjokolade mors nie

Enige iets wat in sjokolade gedoop word, kan jou kombuis in ’n taai gemors verander. Plaas sjokoladevorms of vrugte soos aarbeie wat in sjokolade gedoop is op ’n vel Glad Bake & Cooking paper om te keer dat dit jou kombuistoonbank taai maak.

4. Keer dat deeg vassit

Plaas jou tuisgemaakte skilferkors- of blaardeeg tussen twee velle Glad Bake & Cooking Paper. Jou deeg sal maklik uitrol en nie aan jou deegroller en kombuisoppervlakke vassit nie. 

5. Haal koeke maklik uit panne

Keer dat jou koeke en nageregte aan hul panne of vorms vassit deur dit met Glad Bake & Cooking Paper uit te voer. Dit sal verseker dat jou koeke maklik uit die panne kom.

Besoek www.glad.co.za vir nog inligting oor Glad-produkte of volg @GladSouthAfrica op Facebook.

HOOFFOTO: iStock/PeopleImages

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 ander gebruike vir skottelgoedwasmiddel

Elke huishouding het hierdie veelsydige produk nodig

Close