×
Skakel na Engels

5 eiervrye Banting-ontbyte

Moeg van hardgekookte eiers? Elke. Liewe. Oggend? Probeer een van dié eierlose lae-koolhidraat-opsies

 

Weet jy nie meer wat om vir ontbyt te eet nie? Probeer dié Banting-vriendelike opsies:

1. Geposjeerde somervrugte met speseryjogurt

Die Banting-reëls sê geen suiker nie. Maar as jy voel jy het af en toe ietsie soets nodig, vervang eenvoudig die suiker in dié resep deur ’n natuurlike versoeter soos stevia of xylitol.

2. Lekkerste romerige sampioene

Vir ’n spoggerige maar vinnige, maklike ontbyt, sit dié heerlike gereg as ’n bygereg saam met gestoomde salm of gerookte makriel voor.

3. Ontbytskommel

Maak dit ’n Banting-skommel deur die laevetmelk vir volroom te verruil en vervang die hawermout deur ’n paar amandelvlokkies. Dié smoothie smaak soos somer in ’n glas!

4. Patat-en-vyfspesery-muffins

Gluten-intolerant? Banting? Albei? Ons het net die ontbyt vir jou! Dié muffins is propvol geur. Verruil eenvoudig die amandelmelk vir volroommelk en maak seker die glutenvrye meel is óf klapper- óf amandelmeel. Geniet die muffins met ongegeurde roomkaas.

5. Geroosterde ham met blomkool en kaas

Oukei, die resep bevat een eier, maar jy sal dit amper nie eens agterkom nie. En wie sal nie hou van ham vir ontbyt nie? Om dié maaltyd Banting-vriendelik te maak, vervang die sonneblomolie deur olyf-, klapper- of makadamia-olie.

LEES OOK:

Raak besig in die kombuis met hierdie Banting-boeke

Elmari se weeklikse Banting-dieetdagboek: Week 13

3 heerlike Banting-nageregte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Banting vir beginners

Alles wat jy wou weet, maar te besig was om jou toebroodjie te geniet om te vra. Deur Leah van...

Close