×
Skakel na Engels

5 dinge wat ouers nie in eksamentyd moet doen nie

Dis natuurlik vir ouers om te wil hê dat hul kinders sukses behaal
eksamen

Eksamentyd kan dus vir kinders Оn ouers stresvol wees, veral namate jou kinders ouer word. Hoewel jy dalk net wil hê jou kind moet goed vaar, is daar te veel ouers wat die druk selfs vermeerder en onbewustelik veroorsaak dat hul kinders misluk. Vermy hierdie vyf dinge in die volgende eksamen om te verseker dat jou tiener sy of haar beste voetjie voorsit.

1. Moenie onrealistiese verwagtinge hê nie

Laat jou kinders weet dat jy van hulle verwag om hard te werk en hul bes te doen, maar hou jou verwagtinge in ooreenstemming met jou kind se vermoСns. As jou tiener nie van nature goed in wiskunde is nie, gaan niks dit verander nie. Selfs nie al sê jy vir hom dat hy “minstens 70% moet kry nie”.

2. Moenie oorneem nie

Dis belangrik om belangstelling in jou kind se studies te toon, maar hulle moet steeds verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Op die ou end moet jou kind die werk vir homself doen, nie vir jou nie. Loer gereeld in om te simpatiseer, te ondersteun en eet- of drinkgoed aan te bied, maar moenie jou idees oor studiemetodes op hulle probeer afdwing nie.

3. Moenie ’n negatiewe situasie as motivering gebruik nie

Jy dink dalk dit sal jou kind motiveer as jy vir hom sê dat hy teleurgesteld met sy punte gaan wees of dat hy nie universiteitstoelating gaan kry nie, maar in werklikheid plant jy die saadjie van mislukking in sy kop en dis dalk presies wat hy op die ou end gaan doen – misluk.

4. Moet hulle nie met ander vergelyk nie

Jou kind weet reeds dat sy broer/niggie/ouer agt onderskeidings gekry het. Om hom gedurig daaraan te herinner sal hom vir seker onbevoeg en ontmoedig laat voel en hom laat glo dat sy prestasies nooit goed genoeg sal wees nie.

5. Moenie vir hulle sê om jou trots te maak nie

Die vrees om hul ouers teleur te stel is ’n groot oorsaak van eksamenstres vir tieners. Jy kan jou kinders laat dink dat as iets in die eksamen skeefloop of as hulle nie goeie punte in al hul vakke behaal nie, jy nie trots op hulle sal wees nie. Die fokus moet eerder daarop wees dat hulle hulsélf moet trots maak.

 

Hierdie uittreksel verskyn in die Junie-uitgawe van Goeie Huishouding. Koop dit hier om die volledige artikel op bladsy 76 ‘Help jou kinders om hul potensiaal te verwesenlik’ te lees. 

Foto: iStock/pixdeluxe

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
25 vrae om jou kind te vra in plaas van “Hoe was jou dag?”

Deur leidende vrae te vra benewens die gewone “hoe was jou dag?” sal jy beloon word met meer as net...

Close