×
Skakel na Engels

5 boeke wat jy moet hê

Begrawe jou in hierdie lekkerleesboeke…
boeke wat jy moet hê

Herontdek jou avontuurlus met hierdie lekkerleesboeke.

Kry drie vroue se perspektiewe op ouerskap in vandag se wêreld:

The Park deur Gail Schimmel (Pan Macmillan)

Rebecca neem haar dogter gereeld park toe om te gaan speel. Daar ontmoet sy twee ander ma’s, en hulle – en hul dogters – word gou vriende. Totdat die vertroue geskend en skokkende geheime onthul word.

Hurrah for Gin deur Katie Kirby (Hodder & Stoughton)

Moenie enige goeie raad oor ouerskap van hierdie boek verwag nie, net eerlike anekdotes en regtig snaakse illustrasies waarmee uitgemergelde ouers hulle kan assosieer. Jy sal herdie boek vir al jou vriende wil leen. Dis propvol oomblike wat jou uit jou maag sal laat lag.

Saving Phoebe Murrow deur Herta Feely (Bonnier Publishing)

Toe Isabel se tienerdogter, Phoebe, haar eie lewe probeer neem, gee sy haar ma die skuld. Hierdie spanningsroman som elke moderne ouer se bekommernisse op oor hoe om kinders in die era van sosiale media groot te maak.

Ampertieners en tieners sal hulle in hierdie boeke verdiep:

Brigadier en die raaiselponie deur Marga Jonker (Tafelberg)

Perdeliefhebbers sal hierdie verhaal geniet. Dit speel af op ’n gasteplaas naby Plettenbergbaai. Zahn moet die vakansie saam met haar vervreemde pa deurbring.

Sy word genooi om saam met twee plaaslike seuns in die bos te gaan perdry, maar die rit word met elke paar treë meer onheilspellend.

Holding up the Universe deur Jennifer Niven (Penguin Random House)

Libby was eens “Amerika se vetste tiener”. Jack kan nie gesigte herken nie. Wanneer die twee by die skool vassit, begin pragtige dinge gebeur.

Dis ’n bemagtigende verhaal oor selfaanvaarding met waardevolle lesse vir tieners én volwassenes. Lees dit sodra jou dogter daarmee klaar is.

FOTO: iStock/Paul Bradbury

LEES OOK:

Wenke om gratis e-boeke op jou Kindle te kry

3 maklike stappe om ’n ou boekrak op te kikker

10 TV-reekse wat jy nie mag misloop nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wenke om gratis e-boeke op jou Kindle te kry

Is jy dol oor jou Kindle, maar bekommerd oor die gevolge wat die koop van e-boeke op jou beursie het?...

Close