×
Skakel na Engels

5 Banting-vriendelike etes vir weeksaande

Vinnige en maklike Banting-vriendelike etes vir die hele gesin

Probeer hierdie vyf Banting-vriendelike aandetes uit Sally-Ann Creed se nuwe boek, The Low-carb Creed (Creed Nutrition). Die boek is propvol nuttige inligting oor hoe om ʼn gesonde lae-koolhidraat-gesonde-vet-dieet te volg, sowel as watertandresepte.

Zoedels en frikkadelle

zoodles-and-meatballs

SALLY-ANN SE WENK: “Gebruik eerder vetterige maalvleis as maer of ekstra maer maalvleis om die gesonde vette in hierdie gereg te inkorporeer. Alhoewel zoedels nie vet bevat nie, sal ʼn goed gebalanseerde lae-koolhidraat-maaltyd altyd gesonde vette bevat. As jy slegs maer maalvleis het, kan jy altyd ekstra vet byvoeg om dit meer sappig te maak.”

Kool carbonara 

cabbage-carbonara

SALLY-ANN SE WENK: “Kies eerder vetterige as maer spek, want dit verskaf daardie lieflike varkvet waaruit lardeersel kom. Vetterige spek help jou om vetoplosbare voedingstowwe op te neem, voeg proteïene by ʼn gereg wat nie proteïenryk is nie, en verleen natuurlik daai watertandgeur.”

Thaise groenkerrie met hoender en klappermelk

coconut-thai-green-curry

SALLY-ANN SE WENK: “Hierdie kerrie kan met enige diereproteïen gemaak word, maar dit gaan die beste saam met hoender, varkvleis of vis vir ʼn meer outentieke Thaise gereg. Die klappermelk, ryk aan louriensuur, verleen ook ʼn baie kenmerkende smaak wat algemeen by oosterse geregte voorkom. Dit is baie goed vir jou en, aangesien dit laktosevry is, kan persone wat suiwelweerstandig is, steeds die ryk, romerige geur sonder die newe-effekte van beesmelk geniet.”

Vispastei

fish-pie

SALLY-ANN SE WENK: “Olieryke vis soos sardyne is gewoonlik kouewater-, diepwatervis, wat beteken dat hulle ryk aan omega-3 vetsure, DHA en EPA sal wees. Dit is anti-inflammatories en verrig wondere vir jou gemoed en breinfunksie.”

Blomkoolrys met geroosterde groente en hoender

cauliflower-rice

SALLY-ANN SE WENK: “Dit is heeltemal in die haak om net ʼn klein bietjie heuning hier te gebruik – dit is net 2 teelepels om ekstra geur aan ʼn gereg te verleen waarvan 6 mense kan eet. Soms is ʼn titseltjie geurige soetigheid heeltemal aanvaarbaar in ʼn gereg en maak dit ʼn reuse verskil.”

LEES OOK:

Elmari se weeklikse Banting-dieetdagboek 

Die vyf algemeenste foute wat mense met Banting maak 

Banting-vrugte: Hoeveel kan jy eet?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Week 16: Elmari se weeklikse Banting-dieetdagboek

Volg die gewigsverliesverhaal van GH se senior Afrikaanse redakteur, Elmari Potgieter, waarin sy die hoogte- en laagtepunte en alles tussenin...

Close