×
Skakel na Engels

5 avontuurlike goed om in en om Kaapstad met jou kinders te doen

Neem die Moederstad op horings!
kaapstad

Dis somer, wat beteken daar’s hope opwindende doendinge in die Moederstad. Ons het ’n lys van vyf fantastiese kindervriendelike, maar avontuurlike aktiwiteite in en om die stad saamgestel. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Snorkel saam met die robbe

Net ’n klipgooi buite die stad kan jy saam met robbe in Houtbaai gaan snorkel. Die snorkelseisoen is van September tot April elke jaar. Alle kinders onder 18 moet deur ’n volwassene vergesel word. Dié aktiwiteite is afhanklik van die weer.

Prys: R750 per persoon (minstens 10 jaar oud). Prys sluit alle toerusting en ’n warm drankie en koekies vir ná die tyd in.

Kontak: 082 497 8797 | info@snorkelwithseals.capetown | www.snorkelwithseals.capetown

2. Verken ondergrondse tonnels

Klim by ’n gietyster-mangat in Vredehoek af vir jou toer van Kaapstad se ondergrondse tonnels saam met Figure of 8 Tours. Die roete neem sowat drie uur om te voltooi.

Prys: R270 per persoon. Prys sluit ’n permit, koeldrank en ander verversings in.

Kontak: Bel 021 439 3329 vir nog inligting. | info@fo8.co.za | Figure of 8 

3. Kajak saam met pikkewyne

Gaan op ’n twee-uur-vaart saam met Kayak Cape Town om Boulderstrand se pikkewyne te besigtig. Alle kinders onder 16 moet deur ’n volwassene vergesel word.

Prys: R300 per persoon.

Kontak: 082 501 8930 | tours@kayakcapetown.co.za | Kayak Cape Town

4. Huur ’n fiets by die West Coast Explorers Club

Bespreek ’n fiets en volg die kaart al langs Yzerfontein se kus, wat jou sal neem na strategiese plekke in en om dié dorpie waar jy kan stilhou en die uitsig en besienswaardighede geniet.

Prys: Huur ’n fiets teen R180 per dag. Aktiwiteite op die roete is nie ingesluit nie.

Kontak: 022 451 2114 | hello@wcexplorersclub.co.za | West Coast Explorers Club

5. Gaan roei op ’n staanbord

Huur ’n staanroeibord (of ’n SUP – stand-up paddleboard) by een van SUP Cape Town se verskeie liggings: Clifton se 4de strand, Waterfront/Kiks-kanaal of Intaka-eiland by Canal Walk. Geen ervaring nodig nie – jy sal ’n les op land kry.

Prys: Pryse wissel na gelang van die ligging.

Waterfront/Kiks-kanaal: R150 vir 30 minute; R220 vir 1 uur.

Intaka-eiland by Canal Walk: R180 vir 1 uur.

Clifton 4de strand (1 Desember tot einde Februarie): R100 vir 30 minute; R150 vir 1 uur.

Kontak: 082 789 0411 | supcapetown@gmail.com | SUP Cape Town 

FOTO: iStock/shapecharge

LEES OOK:

12 doendinge vir jou en jou kroos hierdie vakansie

7 wenke om jou kinders te help om hul bestuurstoets te slaag

Hoe om seker te maak dat jou kinders nie permanent op hul fone is nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 goed wat jy moet weet voordat jy vir jou kind ’n bromponie koop

’n Bromponie is dalk net wat jou tiener nodig het ... Deur Juliet McGuire

Close