×
Skakel na Engels

4 wonderlike wenke om jou slimtoestelle teen kuberskurke te beskerm

Hierdie kennerswenke sal jou teen kubermisdaad beskerm
kaspersky webvertorial

Met die internet en al die apps wat ons lewe makliker maak, het die meeste van ons baie geheg aan ons slimtoestelle geraak. Maar doen ons ons bes om onsself teen kuberskurke te beskerm?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Terwyl mense al hoe meer slimtoestelle gebruik en hul huise al hoe meer tegnoslim raak, soek kuberskurke altyd maniere om onbedagte gebruikers uit te buit. Pleks van dje lewe vir hul eienaars makliker te maak, word gekonnekteerde slimtoestelle toenemend ’n swak plek in mense se algehele beveiligingsmaatreëls.

’n Onlangse opname* deur die internasionale kuberveiligheidsmaatskappy Kaspersky Lab toon dat 32% van 266 deelnemers ’n slim-TV besit, 11% besit huistoestelle met ’n internetkonneksie (soos elektriese ketels, koffiemakers en yskaste) en 10% besit kameras met ’n internetkonneksie. In baie gevalle is die slim-TV’s die sentrale vermaaktoestel van die huis wat gesinne in staat stel om naweke saam te ontspan en TV-reekse, sport of flieks te kyk.

Toestelle met ’n internetkonneksie, soos yskaste wat kosinhoud en inkopielysies monitor, kan jou lewe baie geriefliker maak. Kameratoestelle met ’n internetkonneksie, soos van ’n babamonitor of tuissekuriteitstelsel, word as noodsaaklik beskou wanneer jy in ’n streek met ’n hoë misdaadsyfer woon. Hierdie toestelle word deur baie gesinne vir veiligheidsredes gebruik.

Maar hoe nuttig hierdie toestelle ook al kan wees, dit hou ’n kuberveiligheidsbedreiging vir jou huishouding in. Dit is weens moontlike kwesbaarheid in die sagteware, ’n gebrek aan eenvoudige veiligheidsmaatreëls (soos ’n sterk verstek-administrateur-wagwoord) en enkodering van internetkonneksie.

Dieselfde peiling toon dat 66% van deelnemers bekommerd oor die fisieke veiligheid van hul gesin is, en tog is net 38% bekommerd oor die veiligheid en beskerming van toestelle met ’n internetkonneksie teen virusse of  kuberkrakery, en 28% is glad nie bekommerd nie.

Hoewel die “gekonnekteerde huis” beslis jou lewe kan vergemaklik, is dit belangrik om te onthou dat gekonnekteerde toestelle in die huis kwesbaar vir gevare kan wees.

Hier is vier wenke van Kaspersky Lab om jou gekonnekteerde huis te beveilig:

1. Skep sterk wagwoorde vir alle gekonnekteerde toestelle

Skep sterk, unieke wagwoorde vir alle gekoppelde toestelle. ’n Sterk wagwoord bevat ’n kombinasie van hoof- en kleinletters van die alfabet en syfers; dit is minstens 15 karakters lank en bevat nie woorde wat maklik geraai kan word nie. Verander altyd verstekwagwoorde op enige toestel wat jy koop – 30% van deelnemers aan Kaspersky Lab se peiling het aangedui dat hulle nie die verstekwagwoord verander nie, en dit kan hul gekonnekteerde huis blootstel. Jy moet ook die wagwoord verander as jy ooit vermoed die toestel is gekompromitteer.

2. Doen navorsing voordat jy enige gekonnekteerde toestel koop

Doen eers ’n soektog op die internet vir nuus oor enige kwesbaarheid met betrekking tot ’n gekonnekteerde toestel voordat jy dit koop (veral tuisbeveiligingstelsels, babamonitors en slim-TV’s). Maak ook by die verkoper seker of hulle opdaterings vir die toestel verskaf om enige kwesbaarhede wat in die toekoms ontdek word reg te stel.

3. Oorweeg die veiligheidsrisiko’s van die toestel

Oorweeg die veiligheidsrisiko’s wanneer jy gekonnekteerde toestelle vir ’n geriefliker leefstyl kies. As jy baie waardevolle items in jou huis het, installeer ’n professionele alarmstelsel. As jy ’n bestaande tuisalarmstelsel het wat deur ’n app beheer word, kan jy dit só opstel dat enige potensiële kwesbaarhede nie die werking daarvan sal affekteer nie.

4. Kies die eenvoudigste RF-model as jou toestel persoonlike inligting insamel

Wanneer jy ’n toestel kies wat persoonlike inligting oor jou gesin insamel, soos ’n babamonitor, vra jouself af of dit regtig met die internet verbind moet wees. As dit moontlik is om hierdie funksie af te skakel en jy dit nie nodig het nie, skakel dit af. Dit kan byvoorbeeld wys wees om die eenvoudigste radiofrekwensiemodel-televisie op die mark te kies – een wat net ’n oudiosein sonder internetkonnektiwiteit kan uitstuur.

* Kaspersky Lab het met Associated Media Publishing saamgewerk in ’n aanlyn opname met vrae oor gekonnekteerde huise en die veiligheid van gekonnekteerde toestelle.

Besoek www.kaspersky.co.za. vir nog inligting oor Kaspersky Lab.

Volg @Kaspersky op Facebook en @KasperskyAfrica op Twitter, en gebruik hulle as jou #DigitalLifeAdvisor.

Hooffoto: iStock/AleksandarNakic

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 grootste redes waarom padongelukke in SA plaasvind

Padongelukke neem al hoe meer toe

Close